Deur Christus se Oë episode artwork

EPISODE · Aug 29, 2026 · 3 MIN

Deur Christus se Oë

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en die goeie in hulle raak te sien? Onderwysers het destyds gedink die jong fisikus, Albert Einstein, is hopeloos te stadig en onbevoeg. Sommige van hulle het selfs gesê dat hy nooit enigiets in sy lewe sal bereik nie. Maar daar was een persoon wat gelukkig groot potensiaal in hom raakgesien het. Hierdie persoon het sy nuuskierigheid aangemoedig en vir hom die nodige ruimte gegee om dinge self te ondersoek. En dit was juis daardie aanmoediging wat uiteindelik die genie, wat die wêreld later sou leer ken, ontsluit het.As jy die beste in mense na vore wil bring, moet jy bereid wees om na die beste in hulle te soek. Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.Jesus het hierdie waarheid nie net verkondig nie, Hy het dit self uitgeleef. Hy het na ’n korrupte tollenaar gekyk en dadelik ’n dissipel gesien. Hy het na ’n sondige vrou gekyk en diep geloof raakgesien. Hy het na ’n rowwe visserman gekyk en die rots van sy kerk gesien. Hy het nooit mense se foute geïgnoreer nie, maar Hy het ongetwyfeld altyd God se moontlikhede in hulle gesien.So kom ek vra jou vandag – wie is jy tans besig om met jou kritiek af te breek; miskien is dit selfs net stilweg in jou hart? Wat sal gebeur as jy eerder kies om hierdie mense deur die oë van Jesus te sien, en te glo in dit wat Hý in hulle kan doen? Want wanneer jy jouself verneder om die beste in ander raak te sien, sal jy skielik die vermoë hê om hulle te help om hulle potensiaal te bereik en die beste na vore te bring. Dit is immers hoe Christus dit gedoen het. Want dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 29, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor. Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Deur Christus se Oë

0:00 3:14

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 29, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!