Deur Genade, nie deur Werke nie episode artwork

EPISODE · Dec 16, 2023 · 2 MIN

Deur Genade, nie deur Werke nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 11:32 God sluit alle nasies in die ongehoorsaamheid in sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. (NLV) Ons vier binnekort Kersfees. Ons herdenk hoe God een van ons geword het, deur sy Seun, Jesus, na ons te stuur om ons van ons sonde te red en die ewige straf wat ons verdien, te dra.Maar hoekom? Hoekom moes God dit doen?Ag hoekom het God ons nie net geskape met die vermoë om Hom lief te hê, om Hom te eer en om, as ons graag wil, die regte dinge te doen nie? Sou dit nie baie eenvoudiger gewees het nie? Sou dit nie ongekompliseerd gewees het nie?Ja, diegene wat verkies het om goed te doen en Hom te eer, sal mos tjoeftjaf hemel toe gaan. En diegene wat gekies het om hul lewens sonder Hom te leef, sal sekerlik hel toe gaan. Dis mos korrek, nie waar nie?Wat kon eenvoudiger as dit gewees het?En tog lyk dit asof ons op een of ander manier nie in staat is om te kies om 'n goeie lewe, 'n perfekte lewe te lei nie. Ons almal sondig. Jy hoef net so ver as jou eie spieël te gaan, om nog ‘n skuldige mens te sien. Nou hoekom, O hoekom, het God dinge so gedoen? Wel … hier is die rede in:Romeine 11:32 God sluit alle nasies in die ongehoorsaamheid in sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. (NLV)Dis die antwoord: God het dit so beplan. Hy het ons almal aan ongehoorsaamheid oorgelewer. Hoekom? Sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. Sodat ons kan weet hoe groot sy liefde werklik is.Daar is geen groter liefde as om iemand vir hul foute te vergewe nie. Daar is geen groter liefde, as om die straf wat hulle verdien, omdat hulle jou seergemaak het, op jouself te neem nie. Daar is geen groter liefde as om vir hul sonde te sterf nie.Daarom het God ons almal oorgelewer aan ongehoorsaamheid, sodat Hy aan ons sy genade kon bewys.En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 16, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 11:32 God sluit alle nasies in die ongehoorsaamheid in sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. (NLV) Ons vier binnekort Kersfees. Ons herdenk hoe God een van ons geword het, deur sy Seun, Jesus, na ons te stuur om ons van ons sonde te red en die ewige straf wat ons verdien, te dra. Maar hoekom? Hoekom moes God dit doen? Ag hoekom het God ons nie net geskape met die vermoë om Hom lief te hê, om Hom te eer en om, as ons graag wil, die regte dinge te doen nie? Sou...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Deur Genade, nie deur Werke nie

0:00 2:48

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 16, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!