Deur Genade Verander episode artwork

EPISODE · Oct 30, 2024 · 2 MIN

Deur Genade Verander

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Petrus 3:17,18 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen. Elke ouer is een of ander tyd doodbang dat hul kind dalk in die verkeerde geselskap sal beland; dat bose mense hul geliefde seun of dogter op 'n dwaalspoor sal lei. Ja, ouers ken daardie vrees.Ek kan jou sê, ek was ook daar. Wanneer kinders grootword en hul eie pad in die wêreld begin vind, is daar 'n soort van 'n toutrekkery tussen die liefde, die geleerdheid, die dissipline wat hulle by die huis ontvang het, en die baie dinge "daar buite" wat hulle in die verkeerde rigting kan neem.Watter een sal op die ou end wen? Sal die dinge wat ons hulle geleer het, die liefde wat ons hulle gegee het, op die ou end wen? Dit is die vraag wat elke ouer hulself afvra. Hier is ‘n waarskuwing in:2 Petrus 3:17,18 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.Petrus se brief is geskryf in die konteks van sommige van die spotters wat die Skrif verdraai het en hulself en ander in die verderf gelei het.Vandag is daar nog sulke mense daar buite. Ons kan dus kies om hulle te volg, of om ons geloof op Jesus te fokus en in sy genade te groei. En daardie genade, is daar om jou te red en om jou te verander.A.W. Tozer het eenkeer opgemerk dat indien ons nie deur genade verander word nie, dit onwaarskynlik is dat ons uit genade gered is. Ek dink nie hy is ver verkeerd nie.Wees op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Oct 30, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Petrus 3:17,18 Geliefdes, julle weet dit nou vooruit. Wees dus op julle hoede dat julle nie meegesleep word deur die dwaling van beginsellose mense en so van julle eie standvastigheid beroof word nie. Sorg daarenteen dat julle steeds toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen. Elke ouer is een of ander tyd doodbang dat hul kind dalk in die verkeerde geselskap sal beland; dat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Deur Genade Verander

0:00 2:58

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on October 30, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!