Deur God Geskud episode artwork

EPISODE · Jun 11, 2025 · 3 MIN

Deur God Geskud

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy vir hulle sondes gesterf het en weer opgestaan het, besig is toe te neem.Nouja, miskien dink jy dat hierdie idee van ‘n toenemende gety van vervolging jou nie raak nie. Die lewe is goed, die wêreld gaan aan; hoekom praat Berni dan hieroor?In 2023 het Geopende Deure ('n bediening aan vervolgde Christene) berig dat meer as 360 miljoen Christene weens hul geloof, hoë vlakke van vervolging en diskriminasie - insluitend geweld, tronkstraf, verlies van eiendom en sosiale uitsluiting - ervaar.In daardie selfde jaar is die aantal Christene wat vir hul geloof vermoor is, op meer as 5 000 geskat - 'n effense afname van vorige jare; maar dit wys ons dat geweld teen Christene steeds ‘n werklikheid is.Gister het ons gesien hoe sommige eerste-eeuse Christene, onder leiding van Petrus en Johannes, gereageer het op die vervolging wat hulle ly. Hulle het gebid vir vrymoedigheid om voort te gaan om mense van Jesus te vertel, en vir God gevra om hulle ook wonders te laat doen om mense van sy krag te oortuig. So … wat het op die ou end gebeur? Hoe het God gereageer?Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.God het hulle gebed verhoor. Hy het die aarde geskud. Hy het hulle met sy Heilige Gees vervul. Hy het hulle presies gegee waarvoor hulle gevra het – die vrymoedigheid om die Woord van God in die openbaar te verkondig.Daar is net een soort gebed waarvan die Bybel ons leer – die soort wat kragtige resultate het. So wanneer jy dalk vervolging in die gesig staar … bid vir vrymoedigheid en weet dat ons getroue God hoor!Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 11, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 4:31 Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig. Ons voltooi vandag die mini-reeks oor vervolging. Ek het hierdie paar boodskappe beplan, nie omdat ek een of ander morbiede begeerte het om op lyding te fokus nie, maar omdat die vervolging van mense wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy vir hulle sondes gesterf het en weer opgestaan...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Deur God Geskud

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 11, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!