Deur jou Eie Mense Verwerp episode artwork

EPISODE · Dec 13, 2025 · 2 MIN

Deur jou Eie Mense Verwerp

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding. Maar ek kan jou eerstehands vertel dat wanneer jy deur diegene ná aan jou verwerp word, is dit verwoestend. Woorde kan nie beskryf hoe dit voel wanneer diegene naaste aan jou, die mense op wie jy vertrou, jou in die rug steek en jou bloeiend langs die pad laat lê nie. Miskien weet jy waarvan ek praat? Wat dit erger maak, is wanneer diegene ná aan jou – jou familielede, werkskollegas, mense in jou eie gemeenskap – jou verwerp omdat jy doen wat goed en edel is.‘n Mens kan dit immers verstaan dat mense jou verwerp wanneer jy iets regtig aaklig doen. Maar, die pyn is ondenkbaar wanneer jy net jou beste gedoen het en hulle jou steeds verwerp. Kan enigiemand dit verstaan? Verstaan God selfs?Die eerste ding wat Jesus gedoen het tydens sy openbare bediening, was om in die sinagoge in Nasaret, sy tuisdorp, te preek. Aanvanklik was mense ontsteld oor wat Hy gesê het. Hulle het teen Hom gedraai en wou Hom selfs vermoor.Lukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan.Niemand – nie eens 'n familielid – het opgestaan om Hom te verdedig nie. Die mense het selfs probeer om Hom van ‘n krans af te gooi om Hom dood te maak. Miskien sal jy eendag deur jou eie mense verwerp word omdat jy in Jesus glo. Miskien was jy reeds in so ‘n situasie?As, en wanneer dit gebeur, onthou net dat Jesus daar is. Hy verstaan hoe dit voel. Vertrou Hom.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 13, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 4:28-30 Almal in die sinagoge was woedend toe hulle hierdie dinge hoor. Hulle het opgespring, Hom uit die dorp uitgejaag en Hom gebring tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom van die krans af te gooi. Maar Jesus het tussen hulle deur geloop en weggegaan. Verwerping is ‘n verskriklike ding. Maar ek kan jou eerstehands vertel dat wanneer jy deur diegene ná aan jou verwerp word, is dit verwoestend. Woorde kan nie beskryf hoe dit voel wanneer...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Deur jou Eie Mense Verwerp

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 13, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!