Die Aarde is Vol van God se Liefde episode artwork

EPISODE · Jul 9, 2025 · 3 MIN

Die Aarde is Vol van God se Liefde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 119:64 Here, u goedheid is die hele wêreld vol. Leer my om na U te luister. (DB) Het jy al ooit gevoel asof niemand jou liefhet nie? Ja, ek bedoel, asof daar nie 'n enkele persoon op hierdie planeet is wat jou liefhet nie. Ek het dit beslis beleef toe ek destyds in ‘n desperate situasie in my lewe was.Ek is nie seker of alle mense weet waarvan ek praat nie, maar ek vermoed dat ons almal die een of ander tyd, op een of ander wyse, eensaam en verwerp gevoel het. Maar ons weet ook dat jy ongeliefd kan voel, selfs wanneer mense jou liefhet - en daardie gevoel is ondraaglik.Die negentiende-eeuse digter en skrywer, Edgar Allan Poe, het 'n paar donker en makabere werke geskryf. Hy het op 'n jong ouderdom sy ouers verloor. Sy lewe was gekenmerk deur tragedie, armoede en 'n verskriklike gevoel dat hy nêrens inpas nie. Hy is grootgemaak deur 'n pleeggesin wat hom nooit aangeneem het nie; gevolglik het hy gedurende sy relatiewe kort lewe met gevoelens van verwerping en onsekerheid gesukkel.Dit is nogal interessant dat sy morbiede werke so populêr geword het en dat hy vandag bekend staan as een van Amerika se grootste skrywers ooit. Dit is so jammer dat hy in sy leeftyd nooit ten volle deur die literêre ‘establishment’ of gevestigde orde, aanvaar is nie.Het jy dit al ervaar? Het jy al heeltemal ongeliefd gevoel? Voel jy dalk nou so? Dan het ek  goeie nuus vir jou; inderdaad baie goeie nuus:Psalm 119:64 Here, u goedheid is die hele wêreld vol. Leer my om na U te luister. (DB)Daar is nie 'n enkele plek waarheen jy op hierdie aarde kan gaan, waar daar 'n gat te diep; 'n berg te hoog; ‘n woestyn te dor; nie eers ‘n oseaan te diep is, waar God se liefde nie vir jou beskikbaar is nie.Jy mag dalk ongeliefd voel, en as jy so voel, het ek volle simpatie met jou, omdat ek ook al so gevoel het. Daarom kan ek vir jou sê dat in die donkerste, eensaamste plek van verwerping is God se onfeilbare liefde reeds daar - en Hy wag vir jou!Here, u goedheid is die hele wêreld vol.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 9, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 119:64 Here, u goedheid is die hele wêreld vol. Leer my om na U te luister. (DB) Het jy al ooit gevoel asof niemand jou liefhet nie? Ja, ek bedoel, asof daar nie 'n enkele persoon op hierdie planeet is wat jou liefhet nie. Ek het dit beslis beleef toe ek destyds in ‘n desperate situasie in my lewe was. Ek is nie seker of alle mense weet waarvan ek praat nie, maar ek vermoed dat ons almal die een of ander tyd, op een of ander wyse, eensaam en verwerp gevoel het. Ma...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Aarde is Vol van God se Liefde

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 9, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!