Die Asem van die Lewe episode artwork

EPISODE · Jul 12, 2025 · 2 MIN

Die Asem van die Lewe

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEsegiël 37:5,6 So sê die Here my God vir hierdie bene: “Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Die eenvoudigste dinge in die lewe hou soms die grootste voordele in. En dan kom ons en ons ignoreer hulle tot ons eie skade.Het jy geweet dat die proses wat hulle ‘diep asemhaling’ noem,  wetenskaplik bewese gesondheidsvoordele inhou? Diep asemhaling behels dat jy stadig deur die neus inasem, jou longe met suurstof vul, dit inhou en dan stadig deur die mond uitasem. Dit help om die hoeveelheid suurstof in die bloed te verhoog, bloeddruk en hartklop te verlaag en spierspanning te verminder. Dit verminder met die gevolg ook stres en angs. Met ander woorde, dieselfde asem wat ons lewe gee, kan doelbewus aangewend word om ook ons lewenskwaliteit te verbeter.Daar is tye wanneer die druk, die sleur van die lewe, die oorhand oor jou kry. Aanvanklik merk jy dit nie eintlik op nie, maar bietjie vir bietjie vreet die lewe aan jou, tot op die stadium wat jy, die asem van die lewe self nodig het:Esegiël 37:5,6 So sê die Here my God vir hierdie bene: “Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.”My vriend, dit is God wat vandag met jou praat. Hy wil sy asem in jou terugsit, jou weer lewendig maak – Hy wil jou vul met die ryk, oorvloedige lewe wat Hy altyd vir jou beplan het.Ja, dit mag beteken dat daar soms beproewings, uitdagings en by tye lyding kan wees. Maar dis nietemin 'n oorvloedige lewe. Luister asseblief vandag na God, luister na sy roepstem, kom terug na Hom:Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe... Dan sal julle besef dat Ek die Here is.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 12, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Esegiël 37:5,6 So sê die Here my God vir hierdie bene: “Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Die eenvoudigste dinge in die lewe hou soms die grootste voordele in. En dan kom ons en ons ignoreer hulle tot ons eie skade. Het jy geweet dat die proses wat hulle ‘diep asemhaling’ noem, wetensk...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Asem van die Lewe

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 12, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!