Die Beste Terapie episode artwork

EPISODE · Feb 20, 2026 · 2 MIN

Die Beste Terapie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 24:32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” Het jy al ooit iemand wat jy ken op 'n onverwagte plek of in ‘n vreemde konteks raakgeloop? Jy herken hulle op ‘n manier, maar jy kan hulle nie heeltemal plaas nie. Soms herken jy hulle glad nie eers nie. Daardie onverwagte konteks verwar jou.Dis wat met die twee dissipels op pad na Emmaus gebeur het. Hulle het geloop en gesels oor die ontstellende gebeure van Jesus se kruisiging tydens die Pasgafees. Hulle was getraumatiseer toe hulle besef dat Jesus dood is, want hulle het nog gehoop dat Hy hulle van die Romeine sal red. Terwyl hulle oor die gebeure van die afgelope paar dae gepraat het, het 'n ander man langs hulle begin stap. Hulle het natuurlik nooit verwag dat daardie persoon Jesus kon wees nie, want Hy  was immers die man aan die kruis. Hy was immers dood. Maar terwyl Hy gepraat het, het 'n vreemde, bonatuurlike gevoel oor hulle gekom.Toe Jesus weg is, het hulle tot hul ontsteltenis ontdek dat hulle Hom nie herken het nie …Lukas 24:32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?”Soms is goeie terapie om saam met 'n vriend te stap. En weet jy, die beste terapie, die beste genesing om die trauma diep binne-in te oorkom, is om saam met Jesus te stap.Dieselfde opgestane Jesus, die een wat vir jou gesterf en weer opgestaan het, leef en is gesond … en gereed om saam met jou te stap en te praat. Hy kan, en Hy sal jou siel diep binne-in jou genees. Hy het immers opgestaan om vir jou 'n nuwe lewe te gee.Mag dieselfde vuur in jou brand.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 20, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 24:32 Hulle sê toe vir mekaar: “Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” Het jy al ooit iemand wat jy ken op 'n onverwagte plek of in ‘n vreemde konteks raakgeloop? Jy herken hulle op ‘n manier, maar jy kan hulle nie heeltemal plaas nie. Soms herken jy hulle glad nie eers nie. Daardie onverwagte konteks verwar jou. Dis wat met die twee dissipels op pad na Emmaus gebeur het. Hulle het geloop en gesels o...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Beste Terapie

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 20, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!