Dié Dag om te Vier episode artwork

EPISODE · Apr 6, 2026 · 3 MIN

Dié Dag om te Vier

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 6:4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. (NLV) Hoe voel jy vandag? Is jy ook opgewonde omdat jy weet jou Verlosser Leef en dat Hy jou so lief het dat Hy jou nog ‘n kans kom gee het? Hierdie Maandag ná Jesus se Opstanding die vorige dag - moes vir die dissipels ‘n baie belangrike dag gewees het. Ek dink hulle het oorgeborrel van vreugde om te weet dat hulle nog ‘n kans gekry het om hulle Vriend en Leermeester by hulle te hê.Stel jou voor dat jy tydens die Franse Rewolusie ter dood veroordeel is. Ja, my vriend, jy is op pad na die guillotine. Jy word tot op die platform begelei. Jy is geblinddoek, en jy hoor hoe die rewolusionêre skare luidrugtig in afwagting skree om jou kop te sien rol. Jy kniel neer, die lem is op die punt om te begin sak, maar op die heel laaste oomblik ... kom daar ‘n bevel! Jy is begenadig en jy word vrygelaat.Hoe, dink jy sal hierdie kwytskelding die manier waarop jy die res van jou lewe leef, verander? Waarskynlik radikaal, nè? Daardie tweede kans is alles; dis die lewe self.Romeine 6:4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. (NLV)Wanneer jy besluit om Jesus te volg, sterf die ‘ou jy’, in Jesus aan die Kruis. En net soos Hy uit die dood opgewek is, word jy ook deur die krag van God opgewek, sodat jy nou kan leef ... jy kan met jou splinternuwe lewe begin.Watter dinge in jou lewe gaan verander? Hoe gaan jou nuwe lewe, wat jy die res van jou lewe gaan leef, lyk? Hierdie tweede kans is alles; dis die lewe self.Wanneer jy in geloof Jesus se dood as jou dood, die van jou ‘ou self’ omhels, beleef jy 'n volkome nuutheid. Dit begin vandag. Omdat Jesus uit die dood opgewek is, word jy ook in jou nuwe lewe opgewek. Dis die moeite werd om dit te vier, nè?Want dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 6, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 6:4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. (NLV) Hoe voel jy vandag? Is jy ook opgewonde omdat jy weet jou Verlosser Leef en dat Hy jou so lief het dat Hy jou nog ‘n kans kom gee het? Hierdie Maandag ná Jesus se Opstanding die vorige dag - moes vir die dissipels ‘n baie belangrike dag gewees het. Ek dink hulle h...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Dié Dag om te Vier

0:00 3:07

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 6, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!