Die Dividende van Dissipline episode artwork

EPISODE · Aug 22, 2024 · 2 MIN

Die Dividende van Dissipline

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat dit geniet om gedissiplineer te word nie, of wat daarvan hou as iemand anders hulle oor hulle optrede berispe nie. Wat van jou?Baie mense is selfgedissiplineerd en ek is een van hulle. Ons het op een of ander manier hierdie gawe om in sekere areas van ons lewe vaste roetines te hê. Ek is byvoorbeeld goed daarmee om elke oggend baie vroeg op te staan. Na my stiltetyd berei ek dan boodskappe soos hierdie voor.Maar niemand is perfek nie. Ek het ook swakhede net soos jy. Soms moet my vrou haar stem dik maak en my tot verantwoording roep. Ander kere sal die bestuursraad by Christianityworks van my verskil. Jy weet sekerlik waarvan ek praat? Mense mag jou aanspreek en jou in 'n sekere sin dissiplineer.Dan … dan is daar God!Hebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.Nee, ons geniet dit nie om gedissiplineer te word nie - hetsy dit menslik of Goddelik is. Maar die dividend van dissipline is so groot, dat die ongemak absoluut die moeite werd is. Die Amerikaanse entrepreneur Jim Rohn het eenkeer gesê: Ons moet almal kies tussen die pyn van dissipline of die pyn van spyt. Ja, dit is pynlik. Maar later, nadat ons ons les daaruit geleer het, sal ons die vrede wat daaruit voortspruit, geniet.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 22, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Hebreërs 12:10,11 Ons vaders het ons wel 'n kort tydjie na hulle goeddunke getug, maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel. Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, 'n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat dit geniet om gedissiplineer te word nie, of wat daar...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Dividende van Dissipline

0:00 2:46

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 22, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!