Die Doodsklok van Verdeeldheid episode artwork

EPISODE · Dec 10, 2023 · 2 MIN

Die Doodsklok van Verdeeldheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. Daar is niks so lelik soos mense in magsposisies wat hulle mag misbruik nie. Dit gebeur wanneer diegene, wat veronderstel is om in die beste belang van die mense onder hulle sorg, te werk, baklei en uit pure eiebelang, oneerbaar optree.Ons het almal al te dikwels gesien hoe dit gebeur. Onenigheid is die absolute doodskoot van enige politieke party. Hulle kan nie verwag om 'n verkiesing te wen as binnegevegte hulle uitmekaar skeur nie.Daardie oneerlikheid steek egter nie net in die politieke arena sy kop uit nie. Jy sien dit ook in plaaslike sportorganisasies of beheerliggame wat komplekse bestuur. Ek was oor die jare by 'n paar van hulle betrokke en die kleinlikheid waarmee mense optree, is ongelooflik.Maar ongelukkig sien jy dit ook in die kerk, wat veronderstel is om Jesus in 'n verlore en seer wêreld te verteenwoordig. Ek het 'n paar jaar gelede 'n kerk bygewoon (nou nie vir te lank nie, moet ek byvoeg) wat klokslag elke Sondag 'n ander denominasie of tradisie vanaf die kansel gekritiseer het. Kan jy dit glo? Maar luister wat Jesus begeer:Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus.Ons roeping is nie om teologiese of kerklike argumente te wen nie. Ons moet saamwerk om eer aan God te bring. En net ingeval jy die drang voel om te argumenteer, onthou dat … Christus jou onvoorwaardelik aanvaar het; en daarom moet jy ook ander mense so aanvaar.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 10, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 15:5,6 En mag God, die bron van alle standvastigheid en bemoediging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil hê. Dan kan julle almal eensgesind uit een mond lof toebring aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus. Daar is niks so lelik soos mense in magsposisies wat hulle mag misbruik nie. Dit gebeur wanneer diegene, wat veronderstel is om in die beste belang van die mense onder hulle sorg, te werk, baklei en uit pure eieb...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Doodsklok van Verdeeldheid

0:00 2:48

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 10, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!