Die Eerste Openbare Getuienis episode artwork

EPISODE · Dec 26, 2025 · 3 MIN

Die Eerste Openbare Getuienis

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 2:17,18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het Nouja, hoe was jou Kersdag gister? Ek vermoed die meeste van ons het 'n ete saam met ons geliefdes geniet. As jy egter 'n gelowige is; hét jy die geleentheid gebruik om jou geloof tydens die ete te deel? Of het jy 'n bietjie verleë gevoel oor jou onvermoë om betekenisvol oor die werklike rede vir die viering te praat?As jy glo dat dit slegs deur geloof in Jesus is, dat 'n persoon gered kan word van die verskriklike vooruitsig om 'n ewigheid van God geskei te wees (dit is wat 'n Christen glo), behoort jy nie vir mense van Hom te vertel nie?Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek wil nie hê jy moet skuldig voel nie. Dit gaan nie oor 'n skuldgevoel nie. Maar ek wil jou herinner aan die wonderlike geleentheid wat jy het, om wanneer jy die nuutheid van lewe wat sy Gees gee, ontvang het, jy dit met ander kan deel. Jy kan met entoesiasme die vreugde en die vrede wat Jesus bring, deel.Die probleem is dat baie mense verleë is om ander van Jesus te vertel. Jy begin twyfel en verskonings uitdink soos: Sal hulle nie dink ek is 'n godsdienstige fanatikus nie? Sê-nou hulle verwerp my? Ag, ek dink dis soveel beter om die evangelisasie werk aan die kenners oor te laat, of hoe?Onthou jy daardie herders in die veld aan wie God die geboorte van Jesus aangekondig het; die heel eerste besoekers wat Hom in daardie krip gesien het?Lukas 2:17-18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het.Daardie eenvoudige herders, was nie as die belangrike, of hooggeagtes van hulle tyd beskou nie, maar hulle het inderwaarheid die eerste tipe evangeliste geword. God het gewone mense gekies – nie geleerdes nie, nie heersers nie – om die aankoms van die Koning van konings te verkondig. Hierdie wonderlike boodskap van Jesus is nie vir die gekwalifiseerdes gereserveer nie, dit is aan die gewilliges toevertrou.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 26, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 2:17,18 Toe hulle Hom sien, het hulle vertel wat oor hierdie Kindjie aan hulle gesê is. Almal wat dit gehoor het, was verwonderd oor wat die skaapwagters hulle vertel het Nouja, hoe was jou Kersdag gister? Ek vermoed die meeste van ons het 'n ete saam met ons geliefdes geniet. As jy egter 'n gelowige is; hét jy die geleentheid gebruik om jou geloof tydens die ete te deel? Of het jy 'n bietjie verleë gevoel oor jou onvermoë om betekenisvol oor die werklike rede vir...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Eerste Openbare Getuienis

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 26, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!