Die Eerste Straaltjie van die Dagbreek episode artwork

EPISODE · Apr 20, 2025 · 2 MIN

Die Eerste Straaltjie van die Dagbreek

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” Ek ken twee soorte mense in hierdie wêreld – lewerike en uile; diegene wat lief is vir die vroeë oggende en diegene wat lief is vir die laat nagte. Dit blyk dat Maria Magdalena 'n oggendmens moes gewees het.Johannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.”Ja, dié oggend was dit nog donker, met net die vaagste sweempie van die dagbreek oor Jerusalem. Die stad was stil, en die gebeure van die afgelope paar dae het steeds swaar in die gedagtes van Jesus se volgelinge gelê. Die trauma van die kruisiging het hulle diep hartseer en verward laat voel. Hulle het gehoop dat Jesus die Messias is wat Israel van Romeinse oorheersing sou verlos; maar sy dood het hulle verwagtinge verpletter.In die vroeë oggendure, voordat die stad wakker geword het, het Maria Magdalena na die graf gegaan. Sy het speserye geneem om Jesus se liggaam, soos die gebruik destyds was, te salf. Haar gemoed was swaar, maar haar liefde en toewyding aan Jesus het haar genoodsaak om te gaan. Toe sy naderkom, het sy iets ongeloofliks opgemerk - die klip wat die ingang bedek het, was weggerol.Sy het uiteraard nooit verwag dat die graf leeg sou wees en dat Jesus opgestaan het nie. Dit was die heel laaste ding wat sy verwag het, al het Hy dit baie keer duidelik voorspel. En die heel laaste ding wat baie van ons op Opstandingsoggend verwag, is daardie nuwe lewe, al is dit presies wat Jesus vir ons kom gee het. Die Nuwe Lewe ... vir jou!Paasfees, gaan vir jou oor 'n nuwe lewe, ‘n Ewige Lewe.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 20, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 20:1-2 Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe vir wie Jesus baie lief was, en sê vir hulle: “Hulle het die Here uit die graf weggevat, en ons weet nie waar hulle Hom nou begrawe het nie.” Ek ken twee soorte mense in hierdie wêreld – lewerike en uile; diegene wat lief is vir die vroeë oggende en diegene wat...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Eerste Straaltjie van die Dagbreek

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 20, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!