Die Eerste van Baie episode artwork

EPISODE · Apr 5, 2026 · 3 MIN

Die Eerste van Baie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Christus het opgestaan - Hy leef! Hy het waarlik opgestaan! Dis die vreugdevolle boodskap van Opstandingsondag. Die dood kon Hom nie gevange hou nie. Nee, Hy het uit die dood opgestaan. Maar wat het daardie triomfantlike waarheid vandag met jou en my te doen?Dis ‘n goeie vraag, want daar is baie mense vir wie Paasfees so ‘n alledaags geword het dat hulle nie meer opgewonde te raak oor die opstanding van Jesus Christus nie – hulle betwyfel selfs of Hy inderdaad opgestaan het.1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. So, wat beteken die begrip: "eersteling"? Dink aan 'n koringoes. Die eerste goue are wat vroeg in die seisoen ryp word, word die eerstelinge genoem. Boere juig, want daardie eerste are gee 'n teken dat die volle oes kom. Dit is 'n waarborg -'n voorsmakie van wat gaan volg.Net soos die eerste koringaar nie die einde is nie, maar die begin, is Jesus se opstanding nie 'n geïsoleerde gebeurtenis nie - dit is die waarborg dat baie sal volg. Net soos die aarde sy oes in ‘n sekere seisoen lewer, sal God almal wat aan Christus behoort, in sy tyd opwek.Dit is vir ons 'n belofte wat van die begin van die skepping deel van God se verlossingsplan was.Die opstanding van Jesus is jou teken dat die dood verslaan is, dat jou oes van ‘n opstandingslewe op pad is. Dit gaan dus nie slegs oor die feit dat Jesus vir jou gesterf nie; maar dat Hy weer vir jou opgestaan het, sodat jy deur geloof in Hom ook die gawe van die ewige lewe sal ontvang. Die mag van die dood is verbreek … vir jou!En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 5, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:20-22 Maar nou, Christus is opgewek uit die dood, as eersteling uit dié wat gesterf het. Aangesien die dood deur 'n mens gekom het, het die opstanding van die dooies ook deur 'n mens gekom. Net soos almal deur hulle verbondenheid met Adam sterf, so sal almal in Christus lewend gemaak word. Christus het opgestaan - Hy leef! Hy het waarlik opgestaan! Dis die vreugdevolle boodskap van Opstandingsondag. Die dood kon Hom nie gevange hou nie. Nee, Hy het uit d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Eerste van Baie

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 5, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!