Die Gees Bring Heiligheid episode artwork

EPISODE · Jul 19, 2026 · 2 MIN

Die Gees Bring Heiligheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Tessalonisense 2:13 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV) Het jy jouself al as “spesiaal” beskou? Nie op ’n selfsugtige manier met ’n groot kop nie, maar met die wete dat jy geskape is om ’n verskil in hierdie wêreld te maak; dat daar iets is wat net jý kan doen.Toe ek jonk was, het my ouers ’n baie spesiale eetservies gehad - deftige borde, bakke, koppies en pierings - kristalglase en  silwer eetgerei wat net uitgehaal is wanneer daar spesiale gaste was.Die ander dae het ons die gewone borde, glase en messe en vurke gebruik. Dit was reg so, maar laat ek jou vertel, wanneer daardie gaste opdaag, het daardie eetstel, die kristal en die silwer alles so spesiaal gemaak.En dit is die betekenis van die woord “heiligheid”. Dit beteken om eenkant gesit te word vir ’n spesiale doel … dis wat God wil hê jy moet wees: heilig, opsy gesit vir Hom.2 Tessalonisense 2:13: Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV)God het ons lief met ’n liefde wat mens nie met woorde kan beskryf nie. Maar as ons kyk na al die foute en blapse wat ons maak, voel ons dikwels glad nie so heilig nie. Maar dit is juis die punt. Net soos die skottelgoed hulself nie was nie, en die silwerware hulself nie opvryf nie, is dit nie ons werk om onsself heilig te maak nie.Jy is gered omdat die Gees jou heilig maak en jou die geloof in die waarheid gegee het.Glo net en laat die Heilige Gees sy werk doen.Dit is God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 19, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 2:13 Maar, broers en susters, geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. (NLV) Het jy jouself al as “spesiaal” beskou? Nie op ’n selfsugtige manier met ’n groot kop nie, maar met die wete dat jy geskape is om ’n verskil in hierdie wêreld te maak; dat daar iets is wat net jý kan doen. Toe...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Gees Bring Heiligheid

0:00 2:43

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 19, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!