Die Gees Bring Krag episode artwork

EPISODE · Jul 16, 2026 · 2 MIN

Die Gees Bring Krag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 3:16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Ek weet nie van jou nie, maar vir my lyk dit asof dit al hoe moeiliker word om getrou aan Christus te bly. Dis moeilik om vol selfvertroue te praat oor dít waarin ons glo, of selfs net om aan te hou glo, terwyl almal van ons verwag om in te pas by ’n nuwe, goddelose wêreld. Hoe bly mens tot diep in jou siel getrou aan Jesus?Mariam Farahat was ’n Palestynse Christen wat onder groot druk na Islam oorgestap het, maar later in die geheim na Christus teruggekeer het - al het dit volgens plaaslike wetgewing, die doodstraf beteken. Toe sy gevang is, is sy toegesluit en gemartel. Ten spyte van al die dreigemente en mishandeling, het sy geweier om Jesus weer te verloën. Sy is uiteindelik in 2010 deur ekstremiste tereggestel.Hoewel haar storie buite die ondergrondse kerk nie baie bekend is nie, onthou gelowiges in daardie streek haar as iemand wat, net soos die martelaars van ouds, onder marteling staande gebly het, eerder as om Christus prys te gee. Daardie soort krag voel amper nie menslik nie; dis asof dit uit ’n ander wêreld kom. En dis presies wat dit is! Kyk wat het die apostel Paulus aan sy vriende in Efese in die eerste eeu geskryf:Efesiërs 3:16: Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word.Dit was nie sommer net mooi godsdienstige woorde nie. Dit het daardie Christene baie diep getref, want hulle het onder permanente kulturele en ekonomiese druk geleef; wat beteken het dat dit hulle opregte geloof en moed gekos het om in Jesus te glo. Wat jou ook al jou vandag onderkry - of dit nou versoeking, sonde, verslawing of die druk om in te pas by wêreldse standaarde is; onthou:Die Vader sal vir jou die krag gee om innerlik sterk te wees. Hy sal vir jou daardie krag deur sy Gees gee.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jul 16, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 3:16 Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. Ek weet nie van jou nie, maar vir my lyk dit asof dit al hoe moeiliker word om getrou aan Christus te bly. Dis moeilik om vol selfvertroue te praat oor dít waarin ons glo, of selfs net om aan te hou glo, terwyl almal van ons verwag om in te pas by ’n nuwe, goddelose wêreld. Hoe bly mens tot diep in jou siel getrou aan Jesus? Mariam Farahat was...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Gees Bring Krag

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on July 16, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!