EPISODE · Jul 14, 2026 · 2 MIN
Die Gees Bring Lewe
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailGenesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Ons is geneig om die lug wat ons elke dag 23 000 keer in- en uitasem, sommer as vanselfsprekend te aanvaar. En tog sou ek en jy nie eens vir ’n paar minute daarsonder kon oorleef nie. Elke keer as jy asemhaal, trek jy triljoene suurstofmolekules in wat na jou longe jaag, in jou bloedstroom opgeneem word, aan jou hemoglobien vashaak, en binne minder as 20 sekondes elke sel in jou liggaam bereik.Asem is nie sommer net lug nie - dit is die vonk van lewe wat oomblik vir oomblik deur jou vloei. En tog is daar een ding wat die wetenskap nog nooit kon regkry nie (al probeer hulle hoe hard): om lewe uit dooie materie te skep. Nooit nie! Maar …Genesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het.Die oorspronklike Hebreeuse woord vir “asem,” ruach, word ook dwarsdeur die Ou Testament gebruik om na die Heilige Gees te verwys. Dit beteken dieselfde as die Griekse woord, pneuma, wat in die Nuwe Testament vir die Heilige Gees gebruik word. Albei woorde dra die betekenis van asem of wind - onsigbaar, kragtig en lewenskragtig.En net soos God lewe in jou liggaam ingeblaas het (die enigste Een wat dit kon doen), so blaas die Heilige Gees lewe diep binne-in jou gees in.Net soos jy, het ek al tye beleef waar ek soos ’n zombie gevoel het; asof die wêreld al die lewe uit my uitgesuig het. Maar elke keer wanneer ek na God gedraai het vir hulp, het sy Gees - sy ruach, sy pneuma - weer lewe in my siel ingeblaas. Dit is die Gees wat lewe bring. Trouens, Hy is die enigste Een wat dit kan doen!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
What this episode covers
Send us Fan Mail Genesis 2:7 Die Here God het toe die mens gevorm uit stof van die aarde en lewensasem in sy neus geblaas, sodat die mens 'n lewende wese geword het. Ons is geneig om die lug wat ons elke dag 23 000 keer in- en uitasem, sommer as vanselfsprekend te aanvaar. En tog sou ek en jy nie eens vir ’n paar minute daarsonder kon oorleef nie. Elke keer as jy asemhaal, trek jy triljoene suurstofmolekules in wat na jou longe jaag, in jou bloedstroom opgeneem word, aan jou hemog...
NOW PLAYING
Die Gees Bring Lewe
No transcript for this episode yet