Die Goeie Nuus episode artwork

EPISODE · Nov 14, 2025 · 2 MIN

Die Goeie Nuus

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf!Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jouself al vergewe? Of beroof die gevolge van jou dade jou steeds van jou vrede en vreugde, en hang dit soos 'n donker wolk oor jou toekoms?Watter fout uit jou verlede bly by jou spook? Terwyl jy die las daarvan voel; miskien die pyn weer ervaar; kom ons kyk wat staan in:1 Johannes 1:9  Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.Wat beteken dit om jou sondes aan God te bely? Dit beteken om hulle een vir een op te noem; om verantwoordelikheid vir hulle te neem en om eerlik met jouself en met God daaroor te wees, eerder as om hulle, met die hoop dat hulle sal weggaan, te ignoreer.En wanneer jy dit doen, sal God jou vergewe. Jy kan Hom absoluut vertrou om dit te doen, want Jesus het gesterf om vir jou sondes te betaal. En Hy sal jou reinig van al die verkeerde dinge wat jy gedoen het.Nou sal jy, met jou lei heeltemal skoongevee, kan voortgaan met dié lewe wat Hy nog altyd vir jou begeer het. Dis die rede waarom Jesus weer uit die graf opgestaan het: om jou die oorwinning oor sonde en dood te gee; om jou 'n nuwe lewe te laat lei; vir ewig, in sy teenwoordigheid. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 14, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Johannes 1:9 Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid. Kan ek jou vra om terug te dink aan al die foute; groot en klein; wat jy in jou lewe gemaak het. Dink aan finansies, gesondheid, verhoudings, loopbaan, trots … die hele spul. Jy kan seker, soos ek, 'n boek daaroor skryf! Daardie foute kan swaar op ons gewetes lê, nè? Het jy al ooit ontslae geraak van daardie skuldgevoelens? Het jy jo...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Goeie Nuus

0:00 2:42

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 14, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!