Die Goeies Neem die Lang Pad episode artwork

EPISODE · Jun 22, 2026 · 3 MIN

Die Goeies Neem die Lang Pad

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. Ons het elke dag verskeie keuses. Dis baie maklik om kortpad te kies, nie waar nie? Ja, ons kan besluit om die maklike roete te neem omdat dit gerieflik is, of aan die anderkant kan ons kies om die langer roete te neem omdat ons weet dat dit die regte ding is om te doen. Ja, ons kan kies om voor die kwaad te swig, of om hard te swoeg en die goeie te doen. Vra jouself af wanneer was die laaste keer wat jy, teen jou beterwete, ‘n kortpad gekies het?In die eerste eeu v.C. was daar chaos in die Romeinse Republiek en politieke koalisies was vreeslik onstabiel. Baie van die senatore het vir kandidate gestem wat hulle rykdom of veiligheid belowe het. Marcus Cicero was die uitsondering. Hy was eerlik en opreg en het hom nie laat omkoop deur leë beloftes nie.Toe Lucius Catilina, ‘n man uit ‘n edel familie, se plan om ‘n konsul te word, misluk, was hy kwaad en hy het besluit om die regering omver te werp. Hy en nog ‘n paar ontevrede manne het probeer om, sonder verhoor en sonder grondige bewyse, van hul vyande ontslae te raak deur 'n vinnige openbare teregstelling uit te voer. Maar Cicero het die skare tot bedaring gebring en aangedring op klinkklare bewyse voordat hy enigiemand sou veroordeel. Sy eerbare benadering het die ware leiers van die komplot blootgelê. So het hy die onskuldiges gespaar en gewys dat wysheid nie net tussen reg en verkeerd onderskei nie, maar tussen dít wat vir die emosionele skare bloot gerieflik lyk en dít wat werklik regverdig is.Hebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.Ware wysheid, goddelike wysheid, weier om die kortpad van gerief bo die moeiliker pad van goedheid, geregtigheid en vriendelikheid, wat op God se waarheid gebaseer is, te kies. Wysheid stel jou in staat om slim besluite te neem.Wees voorbereid om die langer pad te neem.Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 22, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Hebreërs 5:13-14 Iemand wat nog van melk lewe, kan nie saampraat oor wat reg of verkeerd is nie, want hy is nog 'n kind. Vaste kos is vir grootmense, vir mense wat oor insig beskik en wat deur ervaring geoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei. Ons het elke dag verskeie keuses. Dis baie maklik om kortpad te kies, nie waar nie? Ja, ons kan besluit om die maklike roete te neem omdat dit gerieflik is, of aan die anderkant kan ons kies om die langer roete te neem omda...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Goeies Neem die Lang Pad

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 22, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!