Die Hand Wat Jou Vashou episode artwork

EPISODE · Apr 21, 2026 · 2 MIN

Die Hand Wat Jou Vashou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 138:7-8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Baie mense vra dikwels die vraag: As God inderdaad God is, as Hy my liefhet soos Hy sê Hy het, hoekom verskyn Hy nie die oomblik as ek in die moeilikheid is nie? Dit is immers wat enige goeie ouer vir sy kinders sou doen, of hoe?André Trocmé was tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n Protestantse pastoor van ‘n klein Franse dorpie. Toe die Nazi-magte Jode begin deporteer het, het Trocmé en sy gemeente, vas geglo dat dit God se opdrag is dat hulle hul dorp in 'n toevlugsoord moet omskep.Hulle het so meer as 3 000 Jode se lewens gered. Ten spyte van die voortdurende risiko van arrestasie, dreigemente en ondervragings, het Trocmé God vertrou om hulle almal se lewens te bewaar. Sy bekende slagspreuk was: Ons ken nie Jode nie. Ons ken net mense. God het hulle teen die gevaar van vervolging bewaar en het vir baie mense ‘n tweede kans gegee.Drieduisend jaar gelede het Dawid die volgende lofpsalm aan God gebring:Psalm 138:7-8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie.God waarborg nie ‘n moeitevrye lewe nie - maar Hy loop saam met ons; Hy beskerm ons siele en bereik sy doel ín ons en déúr ons. Jou lyding is deel van God se vormingsproses; dit is deel van sy onveranderlike liefde. Vertrou dus God se hand, sy regterhand, selfs wanneer jy nie sy plan kan sien nie, want Hy sal nooit die werk van sy hande laat vaar nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 21, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 138:7-8 As die nood my oorval, hou U my in die lewe teen die woede van my vyande in: U strek u hand uit, u regterhand red my. Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie. Baie mense vra dikwels die vraag: As God inderdaad God is, as Hy my liefhet soos Hy sê Hy het, hoekom verskyn Hy nie die oomblik as ek in die moeilikheid is nie? Dit is immers wat enige goeie ouer vir sy k...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Hand Wat Jou Vashou

0:00 2:43

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 21, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!