Die Here Gee Jou Krag episode artwork

EPISODE · Jan 25, 2024 · 2 MIN

Die Here Gee Jou Krag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHabakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Ons benodig krag, spoed en behendigheid om probleme te hanteer. Dit is wat ons nodig het wanneer dinge teen ons draai, wanneer twis, verwarring en pyn uit alle rigtings ons bedreig. Gister het ons in die Ou Testament gesien hoe die profeet Habakuk, ten spyte van teleurstellings, sy vreugde in die Here vind. In sy gebed leer hy ons dat wanneer al die goeie dinge wat ons vir onsself beplan het, tot niet gaan, God ‘n strategie het om ons oorwinning oor ons omstandighede te gee. Juis in die aangesig van jou teëspoed gee die Here jou die krag om met jou koersvaste geloof in Hom, bly te wees en te juig oor God, jou Verlosser. In die volgende vers lees ons van die uitkoms van Habakuk se uitdagende, koersvaste geloof. Hy getuig van God se genade wanneer hy die Here in die aangesig van die droewige dinge, wat met hom gebeur, prys: Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Waar kom hierdie krag vandaan? Is dit iets wat jy uit die niet moet optower? Nee, my vriend! Die Here, jou Here, gee jou die krag. Hy help jou om soos 'n ribbok te hardloop en Hy lei jou veilig op die berge.Stel jou net voor hoe die ribbokke, wat rats oor klowe en skeure spring, die veiligheid van die bergtoppe bereik. Dit is ‘n prentjie van spoed, krag en vaardigheid. Wie het Habakuk se donker dae oor hom laat kom? God het.Wanneer ons nie kan nie, kan God. Wanneer ons swak is, is Hy sterk. En dit is die krag, die spoed en die vaardigheid wat Hy - selfs in ons donkerste dae, of nouja, veral in daardie donker dae - sal gee aan diegene vir wie Hy lief is.Here God, gee my krag. Help my om soos 'n ribbok oor daardie bergtoppe te hardloop.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 25, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. Ons benodig krag, spoed en behendigheid om probleme te hanteer. Dit is wat ons nodig het wanneer dinge teen ons draai, wanneer twis, verwarring en pyn uit alle rigtings ons bedreig. Gister het ons in die Ou Testament gesien hoe die profeet Habakuk, ten spyte van teleurstellings, sy vreugde in die Here vind. In sy gebed leer hy ons dat wanne...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Here Gee Jou Krag

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 25, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!