Die Here is Ewig episode artwork

EPISODE · Jan 29, 2024 · 2 MIN

Die Here is Ewig

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God. Ons lewens bestaan hoofsaaklik uit daaglikse sleurwerkies. Ek sê nie dit is 'n slegte ding nie, dit is seker maar hoe die lewe is. Maar ons kan die risiko loop dat ons uiteindelik onder die onbeduidende klein dingetjies begrawe word en die groot prentjie uit die oog verloor.Nouja, wat gaan jy – vandag, môre, die volgende dag doen? Seker dieselfde as wat jy verlede Maandag, verlede Dinsdag, en verlede Woensdag gedoen het. Dis hoe dit gaan. En dan, te midde van die sleurgang van die lewe, tref iemand, of iets, jou skielik met 'n bal uit die skeelkant op die krop van jou maag.Nouja, ons hanteer dit, ons staan op, ons stof onsself af en gaan voort. Die lewe gaan maar op die ou trant voort. En dag na dag raak ons blik gevestig op die hier en nou, en dit tap ons vreugde, ons hoop, ons geloof, ons liefde.Kom my vriend, kom sluit vandag by my aan sodat ons saam na die hemelse groot prentjie kan kyk.Psalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God.Dis fantasties! Halleluja. Van voor die begin van tyd en tot aan die anderkant van die einde van die tyd, sonder einde, is God ons God. Hy was, is en sal vir altyd ons tuiste, ons toevlug, ons Verlosser, ons vreugde wees.Ons God is ewig en verdien al ons lof. Is Hy besorg oor die klein dingetjies van ons lewens? Is Hy betrokke? Die antwoord is 'n besliste ja! So, terwyl jy vandag, môre en die volgende dag besig raak … dink aan hierdie wonderlike waarheid: ...van ewigheid tot ewigheid, is U God.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 29, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 90:1,2 Here, U was ons toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is en U die wêreld voortgebring het, van ewigheid tot ewigheid, is U God. Ons lewens bestaan hoofsaaklik uit daaglikse sleurwerkies. Ek sê nie dit is 'n slegte ding nie, dit is seker maar hoe die lewe is. Maar ons kan die risiko loop dat ons uiteindelik onder die onbeduidende klein dingetjies begrawe word en die groot prentjie uit die oog verloor. Nouja, wat gaan jy – vandag, môre, d...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Here is Ewig

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 29, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!