Die Here is Getrou episode artwork

EPISODE · Apr 8, 2025 · 3 MIN

Die Here is Getrou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV) Dit is maklik om so baie dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Neem byvoorbeeld jou vyf sintuie – reuk, smaak, sig, tas en gehoor. Stel jou voor as jy een daarvan verloor het. Of beter nog: stel jou voor dat jy twee daarvan verloor het - kom ons sê: sig en gehoor. Ewe skielik is jy blind en doof. Hoe sal jou lewe dan wees?Helen Keller is op 27 Junie 1880 in Tuscumbia, Alabama, gebore. Op 19 maande het sy 'n siekte opgedoen wat haar doof en blind gelaat het. Maar met die hulp van haar toegewyde onderwyser, Anne Sullivan, het Helen geleer om met gebaretaal te kommunikeer en later ook om te lees en te skryf.Sy het in 1904 aan die Radcliffe College gegradueer en die eerste gesig- en gehoorgestremde persoon geword wat 'n BA-graad verwerf het. Hierna het Helen 'n bekende skrywer en dosent geword. Sy was ook ‘n aktivis vir mense met gestremdhede, vroue se stemreg en werkersregte.Wonderlik, nè? Maar sonder Anne Sullivan, sonder haar toewyding aan Helen, haar opofferings, haar getrouheid … sou niks daarvan ooit moontlik gewees het nie. Jy sien nie deesdae baie dikwels sulke onbaatsugtige optrede nie, sien jy?2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)Nouja, as ons dink dat Anne Sullivan se onselfsugtige diens ongelooflik was, is God se getrouheid baie groter as enigiets wat enige mens ooit vir jou kán, of sál doen. Hy het dit bewys, toe Hy aan die kruis gesterf het; toe Hy sy lewe vir jou gegee het.Hy is lief vir jou. Hy het die pad vir jou voorberei. Hy is elke tree van die pad met jou.Omdat God getrou is, sal Hy julle geloof versterk en julle ook teen die Bose se aanvalle beskerm.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 8, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail 2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV) Dit is maklik om so baie dinge as vanselfsprekend te aanvaar. Neem byvoorbeeld jou vyf sintuie – reuk, smaak, sig, tas en gehoor. Stel jou voor as jy een daarvan verloor het. Of beter nog: stel jou voor dat jy twee daarvan verloor het - kom ons sê: sig en gehoor. Ewe skielik is jy blind en doof. Hoe sal jou lewe dan wees? Helen Keller is op 27 Junie 1880 in Tuscumbia, A...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Here is Getrou

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 8, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!