Die Here Versterk Jou episode artwork

EPISODE · Jun 16, 2026 · 2 MIN

Die Here Versterk Jou

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Was jy al op 'n punt waar jy geen hoop vir die toekoms gehad het nie? Waar jy gedink het dat jy nie gaan oorleef nie? Waar jy geen geloof in God gehad het nie? Miskien was jy al daar, of miskien het jy al iemand ontmoet wat so moedeloos gevoel het?Vilhjalmur Stefansson was 'n Arktiese ontdekkingsreisiger van Ysland. In 1913 is sy skip vasgekeer en deur pakys vernietig. Hy en sy bemanning was gestrand in een van die mees onherbergsame plekke op aarde. Hulle het hongersnood, wrede storms en totale isolasie in die gesig gestaar, maar Stefansson het met opregte en onwrikbare geloof in God se voorsiening vertrou.Hy het aangepas by die omgewing deur by die inheemse inwoners van die Arktiese streek te leer hoe om te oorleef. So het hy en ‘n handjievol van sy oorspronklike span vir jare op plaaslike hulpbronne die onmenslike koue getrotseer tot hulle uiteindelik deur die bemanning van ‘n Amerikaanse vissersboot opgelaai is. Hy het later getuig dat, toe alle menslike hoop verdwyn het, dit die sekerheid van God se teenwoordigheid en krag was, wat hom die moed gegee het, om te volhard.Ja, en ons sien hoe God, deur sy profeet, Jesaja, sy volk bemoedig het, toe hulle moedeloos was. Dit was teen die einde van sewentig jaar van ballingskap, toe alles verlore gelyk het; toe hulle nie kon sien hoe hulle ooit bevry sou word nie; toe hulle geloof in God teen die mag van die Babiloniese Ryk so kwesbaar gelyk het … Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.Wanneer elke menslike oplossing misluk, troos God se teenwoordigheid jou nie net nie - Hy gee jou die krag, die wysheid en die moed om die vrees te oorwin en om die lewe weer vierkantig in die oë te kyk.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jun 16, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jesaja 41:10 Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou. Was jy al op 'n punt waar jy geen hoop vir die toekoms gehad het nie? Waar jy gedink het dat jy nie gaan oorleef nie? Waar jy geen geloof in God gehad het nie? Miskien was jy al daar, of miskien het jy al iemand ontmoet wat so moedeloos gevoel het? Vilhjalmur Stefansson was 'n Arktiese ontdekkingsreisiger va...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Here Versterk Jou

0:00 2:52

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on June 16, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!