Die Hoflikheid van Luister episode artwork

EPISODE · Sep 3, 2026 · 3 MIN

Die Hoflikheid van Luister

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. Het jy al agtergekom hoe min mense deesdae nog regtig na jou luister? Iemand wat jou eintlik net 'verstaan'? Gesprekke voel deesdae amper soos 'n kompetisie van wie die hardste en die vinnigste kan praat, of die slimste dinge kan sê. Maar as niemand luister nie, verloor almal. Geraas vervang respek, en mense hou nét nie op om mekaar in die rede te val nie.Die Britse komediant Rowan Atkinson het gesê: mense praat deesdae net bo-oor mekaar. Dit voel asof elke klein stiltetjie ’n uitnodiging is om iemand in die rede te val. In ’n wêreld waar respek al hoe minder word, is dit eintlik ’n rariteit as iemand regtig na jou luister. Maar dit bly een van die grootste tekens van respek wat jy teenoor iemand kan bewys.Die Japanese het ’n pragtige gewoonte wat hulle ‘ma’ noem. Dit is die kuns om eers bietjie stil te bly en te dink oor wat die ander persoon pas gesê het. Om jouself in hul skoene te plaas. Dit is hoe jy respek wys.Jesus was die perfekte voorbeeld van hierdie soort respek. Hy was nooit haastig om mense in die rede te val nie. Hy het geluister na die geroep van die blindes; na die vrae van mense wat antwoorde soek; en selfs na die beskuldigings van sy vyande. Sy broer, Jakobus, het ons later daaraan herinner in:Jakobus 1:19: My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.Hier is dus vandag se uitdaging: Luister jy werklik na die mense in jou lewe? Jou huweliksmaat? Jou kinders? Jou vriende? Selfs diegene wat van jou verskil? Want om te luister is nie ’n swakheid nie - dit is liefde. Dit sê vir die ander persoon: Jy is vir my belangrik genoeg dat ek jou wil hoor.My uitdaging aan jou vir vandag is: moenie ander mense in die rede val nie. Weerstaan die versoeking om elke stilte te vul. Luister net. Want juis in daardie oomblikke van respek, kan jy Christus self hoor praat.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 3, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie. Het jy al agtergekom hoe min mense deesdae nog regtig na jou luister? Iemand wat jou eintlik net 'verstaan'? Gesprekke voel deesdae amper soos 'n kompetisie van wie die hardste en die vinnigste kan praat, of die slimste dinge kan sê. Maar as niemand luister nie, verloor almal. Geraas vervang respek, en mense ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Hoflikheid van Luister

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 3, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!