Die Koning en die Bedelaar episode artwork

EPISODE · Apr 15, 2026 · 3 MIN

Die Koning en die Bedelaar

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHandelinge 15:10-11 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” Almal wat ooit op planeet Aarde geleef het (behalwe Een), het jammerlik gefaal. Ons het almal foute gemaak. Ons het almal te kort geskiet. Nie een van ons het ooit ál die reëls nagekom nie; en nou praat ons van baie dinge soos eenvoudige vriendelikheid en algemene ordentlikheid; om nie van padreëls te praat nie. Dis nie eers nodig om lank daaroor na te dink om jou lysie op te stel nie, nè?Ek is ontsettend gedrewe; ek is pligsgetrou en hardwerkend. Jy kan seker vir jouself uitwerk dat ek baie werkgerig is en dat ek in die proses baie foute gemaak het en baie mense seergemaak het. As ek ‘n lys van almal op wie se tone ek getrap het, sou neerskryf, sou dit die dikste boek in die wêreld wees!Dit maak nie saak hoe slim, ywerig of hardwerkend ons is, of in watter kultuur ons grootgeword het nie, ons het almal 'n berg van foute gemaak. Is die oplossing dan: om harder te probeer, om beter te doen en om die reëls na te kom?Ons sien in Handelinge hoe die apostel Petrus in Jerusalem vrede onder die apostels en ouderlinge gebring het deur te verduidelik dat die nie-Jode nie die wette van Moses moet volg om gered te word nie.Handelinge 5:10-11 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.”Met ander woorde, hy sê, dat as hulle, wat Jode is, nie eers die wet van Moses kon gehoorsaam nie, hoe kan hulle dan van die nuwe bekeerlinge verwag om dit te gehoorsaam? Die antwoord - die enigste antwoord - is God se genade en vergifnis deur Jesus se offer.Soos Charles Spurgeon dit gestel het: Sonde is die groot gelykmaker. Dit plaas die koning en die bedelaar op dieselfde vlak voor God. Almal het gesondig. Almal het genade nodig.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 15, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Handelinge 15:10-11 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie? Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word.” Almal wat ooit op planeet Aarde geleef het (behalwe Een), het jammerlik gefaal. Ons het almal foute gemaak. Ons het almal te kort geskiet. Nie een van ons het ooit...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Koning en die Bedelaar

0:00 3:08

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 15, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!