EPISODE · Sep 13, 2026 · 3 MIN
Die Krag van Kalmte
from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Send us Fan MailJesaja 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.” Ons leef in ’n wêreld wat heeltyd skree dat ons meer moet doen, harder moet probeer en dinge nóú moet uitsorteer. En ons val elke keer in daardie strik! Wanneer dinge skeefloop, wil ons dadelik oorgaan tot aksie. Ons begin e-posse stuur, oproepe maak en planne beraam. Maar het jy al agtergekom dat hoe meer jy rondskarrel, hoe vinniger waai jou vrede by die venster uit. Dink net aan jou selfoon wat vries. Wat doen jy? Jy begin wild op die skerm tik, swiep en uit frustrasie knoppies druk. Maar dit maak die ding net erger! Totdat jy onthou: wag so bietjie, los hom uit, en gee hom kans om self reg te kom.Soms maak stilte dinge reg wat harde werk nie kan nie. Dit is presies wat God vir sy mense deur die profeet Jesaja wou leer.Jesaja 30:15: So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”Die mense van Juda was destyds in groot gevaar. Maar in plaas daarvan dat hulle na God toe hardloop, het hulle vinnig met die leër van Egipte probeer vriende maak. Hulle het hul eie slim planne meer vertrou as vir God. Hulle wou eerder besig lyk as om stil te raak.Maar God se aanbod was baie duidelik: Kom terug na My toe. Rus. Vertrou. Dít is waar ware krag lê. Nie in paniek en beheer nie, maar in die rustige wete dat God reeds besig is om agter die skerms te werk.So, in watter situasie probeer jy vandag woes planne maak en dinge forseer? Miskien is dit tyd om op te hou veg en net bietjie te rus. Want soms is die kragtigste ding wat jy kan doen... om stil te wees voor God wat reeds vir jóú veg.Onthou hierdie woorde van die Here vandag: Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY
Embed this episode
What this episode covers
Send us Fan Mail Jesaja 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.” Ons leef in ’n wêreld wat heeltyd skree dat ons meer moet doen, harder moet probeer en dinge nóú moet uitsorteer. En ons val elke keer in daardie strik! Wanneer dinge skeefloop, wil ons dadelik oorgaan tot aksie. Ons begin e-posse stuur, oproepe maak en planne beraam. Maar het jy al agtergekom dat hoe ...
Ready to play
Die Krag van Kalmte
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.
Similar Podcasts
No similar podcasts found.