Die Krag van ‘n Vraag episode artwork

EPISODE · Apr 9, 2024 · 3 MIN

Die Krag van ‘n Vraag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 19:16-18 Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.”Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?”(NLV) As die lewe net eenvoudig was ... maar dit is nie eenvoudig nie. Die lewe is morsig, dit is kompleks. Mense se emosies, ons s'n inkluis, is wispelturig. Ons kom dikwels voor moeilike situasies te staan. Ja, die lewe is alles behalwe eenvoudig.Wanneer laas het iemand jou geïrriteer of selfs seergemaak deur 'n onsensitiewe reaksie? Wanneer laas het iemand die een of ander geykte opmerking gemaak toe jy in die knyp was en ‘n baie moeilike situasie met hom gedeel het? Hoe het dit jou laat voel?Jesus was dikwels met moeilike kwessies gekonfronteer.Matteus 19:16-18 Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?”Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.”Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?” (NLV)Die persoon het 'n goeie vraag gevra. En wat was Jesus se reaksie? Hy het geantwoord deur 'n vraag te vra, wat gelei het tot 'n diepgaande bespreking van 'n lewe-en-dood-kwessie. Hulle sê dat Jesus in die vier Evangelies– Matteus, Markus, Lukas en Johannes – 187 vrae gevra is. Hy beantwoord (dalk) agt van hulle. Hy het self 307 vrae gevra. Hy het dikwels gelykenisse vertel wat mense nie verstaan het nie. Hulle het seker huis toe gegaan en vir ander gevra : "Wat dink jy het Hy daarmee bedoel?"Dit is so betekenisvol om vrae te vra - van onsself, van ander, van God se Woord. Dis ’n gewoonte wat die verbeelding ontsluit; wat die denkproses stimuleer; wat 'n gesprek moontlik maak.Soos iemand eenkeer gesê het, miskien gaan geloof daaroor om te leer om vrae te vra en na te dink daaroor. Hoe kan jou lewe verander as jy meer vrae aan God vra; as jy in die lig van sy Woord daaroor sit en peins? Moenie bang wees om Hom vrae te vra nie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Apr 9, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 19:16-18 Iemand het na Jesus toe gekom met die vraag: “Leermeester, watter goeie ding moet ek doen om die ewige lewe te ontvang?” Hy het vir hom gesê: “Waarom vra jy My uit oor wat goed is? Net God is werklik goed. Maar om jou vraag te beantwoord – jy kan die ewige lewe verkry deur die gebooie te onderhou.” Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?”(NLV) As die lewe net eenvoudig was ... maar dit is nie eenvoudig nie. Die lewe is morsig, dit is kompleks. Mense se ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Krag van ‘n Vraag

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on April 9, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!