EPISODE · Jul 26, 2026 · 24 MIN
DIE KRUIS IS GENOEG!
from Hoop Nogtans
Jare gelede, toe ons kinders nog klein was, is ons êrens heen op pad. Die pad was lank, die kinders raak verveeld, en begin stry met mekaar oor iets onbenullig. Ek doen wat ek dink my vaderlike plig is. Ek begin ‘n lesing oor hoe onaanvaarbaar hulle gedrag is. En wat ek van hulle verwag. En toe gebeur die totaal onaanvaarbare. Ek hoor kliphard van agter af: “Bla! Bla! Bla!” In die middel van ‘n sin raak my woorde op. Ons het geen disrespek toegelaat van ons kinders nie. En toe sien ek dit, ‘n massiewe vertoonbord langs die pad met ‘n advertensie vir ‘n selfoonmaatskappy met die woorde, “Bla! Bla! Bla!” groot daarop geskryf. Wat my dogter dáár gelees het, het alles oorheers wat ek besig was om te sê! Wat sy gesien het, was op daardie oomblik belangriker as wat sy verkeerd gedoen het. Wat sy gesien het, was belangriker as wat ek daarvan gedink het. En dìt, sê Paulus, is wat met die Galasiërs gebeur het toe hulle die evangelie die eerste keer gehoor het. Niks anders het saak gemaak nie. Die kruisdood van Jesus Christus en die redding wat Hy bewerk het aan die kruis, oortref by verre enigiets wat hul afgodstempels kon aanbied. Die boodskap van God se genade is soveel beter as waaroor die filosowe praat. Die boodskap van die kruis in uniek. Die kruisdood van Christus is voldoende. Maar iets onverklaarbaar het gebeur. Joodse gelowiges het daar aangekom nadat Paulus weg is en ‘n ander evangelie kom verkondig, ‘n valse evangelie, die boodskap dat wat Jesus Christus aan die kruis bewerk het, is nie genoeg nie. Hulle leer die Galasiërs hulle moet die wet onderhou, al die gebooie van die Ou Testament. Hulle moet besny word. Hulle moet sorgvuldig hou by die gebruike wat die Jode so sorgvuldig nakom. Galasiërs 3:1 O, onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Wat met die Galasiërs gebeur het, gebeur vandag nog. Ek praat meer hieroor in ny preek DIE KRUIS IS GENOEG!
Embed this episode
Ready to play
DIE KRUIS IS GENOEG!
No transcript for this episode yet
Similar Episodes
No similar episodes found.