Die Leiers Verloor hulle Mag episode artwork

EPISODE · Sep 29, 2024 · 2 MIN

Die Leiers Verloor hulle Mag

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. As jy na die wêreldleiers kyk, is daar talle van hulle wat despote is. Hulle dikteer hoe mense moet leef en wat hulle moet glo. Dis skrikwekkend.Maar daardie despotisme raak ons baie meer persoonlik as wat jy dalk mag dink. Selfs al leef jy, soos ek, in relatiewe vryheid, word ons meer en meer vertel wat ons moet dink en glo ... en wee enigiemand wat homself daarteen uitspreek.In my eie land, ‘n demokrasie, is daar 'n paar dinge wat ek met my hele hart glo, wat ek, nie op die lug kan sê nie. Dis uit vrees dat die radiostasie waarop die daaglikse VARS-boodskappe uitgesaai word, se lisensie opgeskort kan word.En hierdie onderwerpe wat nou verbode is, is geensins radikaal of vermetel nie – dit gaan oor beginsels wat ‘n tydjie gelede ons denke gevorm het en wat vir almal heeltemal aanvaarbaar was. Ja, my vriend, hoe verder ons samelewing wegdryf van die liefde van God, hoe verder dryf óns weg van die liefde van God en hoe meer ontaard sogenaamde wysheid. Maar dit is geensins 'n nuwe ding nie. Kyk wat die apostel Paulus 2 000 jare gelede oor hierdie selfde saak geskryf het in:1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan.Maar, my vriend, wees gerus, terwyl ons hier praat, is diegene wat probeer om ons gedagtes en oortuigings te dikteer, besig om hul mag te verloor. Moenie bang wees nie, jou God se wysheid is nie van hierdie wêreld nie. Dis waarom jy jou lewe in die oorwinning van sy liefde kan leef. Sy wysheid is 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 29, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 2:6 Tog is wat ons verkondig wysheid, maar net vir dié wat daarvoor ryp is, en dan 'n wysheid wat nie van hierdie wêreld is of van die heersers van hierdie wêreld nie. Hulle is buitendien aan die ondergaan. As jy na die wêreldleiers kyk, is daar talle van hulle wat despote is. Hulle dikteer hoe mense moet leef en wat hulle moet glo. Dis skrikwekkend. Maar daardie despotisme raak ons baie meer persoonlik as wat jy dalk mag dink. Selfs al leef jy, soos ek, i...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Leiers Verloor hulle Mag

0:00 2:47

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 29, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!