Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3) episode artwork

EPISODE · Dec 17, 2025 · 3 MIN

Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3)

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailLukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak dit die proses nie makliker nie.Die meeste mense, ken die storie van die fees wat ons op die 25ste Desember vier. Of hulle dit glo of nie, is ‘n ander saak. Maar hulle het beslis gehoor dat God na bewering menslike vorm aangeneem het, toe Hy meer as tweeduisend jaar gelede in 'n stal in Bethlehem gebore is. En hoewel Kersfees deesdae hoofsaaklik in 'n groot kommersiële uitbuiting verander het, is daardie wonderlike waarheid steeds, vir ons wat glo, ‘n werklikheid.Miskien het jy al dikwels Kersfees gevier. Jy ken die storie al te goed; jy het miskien al dikwels die Kersliedere gesing, en miskien het hierdie wonderlike waarheid van Christus se geboorte net 'n bietjie te veel van ‘n tradisie geword. Maar my vriend, staan asseblief terug en kyk weer na hierdie waarheid – dat dié God wat die heelal geskep het, wat dit alles vir sy eie glorie instandhou, gekies het om 'n mens te word. Is dit nie opwindend en verruklik nie? As ons mooi na die omstandighede van Jesus se geboorte kyk, word dit heeltemal merkwaardig. Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.Jesus Christus, ons Here, is nie in ‘n koninklike paleis in gemak of glans gebore nie, maar in 'n stal. Dink vir een oomblik terug aan die ware omstandighede; dit, wat vir jare al as ‘n romantiese Kerskaartjie-toneel uitgebeeld word. Ek wonder hoeveel mense, selfs 2 000 jaar gelede, in stalle gebore is? Ja, die Koning van konings het as 'n gewone burger na die aarde gekom ... vir gewone mense soos ek en jy, om ons te red, om ons lewens vir ewig te transformeer. Dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 17, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Lukas 2:7 Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie. Enige vrou wat al ooit geboorte gegee het, weet dat dit ‘n pynlike en emosionele ervaring is om 'n nuwe lewe in hierdie wêreld te bring. En hoewel God vroeg reeds vir Adam en Eva sy rede daarvoor gee, maak dit die proses nie makliker nie. Die meeste mense, ken die storie van die fees wat ons op die 25ste Des...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (3)

0:00 3:11

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 17, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!