Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (4) episode artwork

EPISODE · Dec 18, 2025 · 2 MIN

Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (4)

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailMatteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” Wanneer ‘n mens in lewensgevaar verkeer, verloor jy fokus op die gewone dinge rondom jou en skielik word adrenalien vrygestel; en daardie vlug-of-veg reaksie wat in ons DNS vasgelê is, skop in.Ek het onlangs met ‘n vriend van my, wie se kanker vir 'n derde keer teruggekeer het, gesels. Sy aggressiewe kanker was hierdie keer erger; dit het groot verleentheid veroorsaak deur 'n paar onaangename en skrikwekkende fisiologiese simptome. Vrees vir die dood het hom 24 uur per dag soos 'n donker wolk omhul.Hy is in sy middel-sestigs, en volgens die wet van gemiddeldes, kan hy verwag om nog twintig jaar of so te leef. En hy weet dat God hom kan genees, maar sal Hy? Daardie onsekerheid is allesoorheersend.Ek weet wat jy dink: "Berni, hoekom praat jy hieroor, net een week voor Kersfees?" Dis ‘n goeie vraag. My antwoord is: want dit was daardie soort vrees, daardie onsekerheid oor hulle lewens wat Maria en Josef beetgepak het kort nadat Jesus – die Verlosser van die wêreld – gebore is.Matteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”Nadat hulle gevlug het, het Herodes alle seuntjies onder die ouderdom van twee jaar, in en om Betlehem, laat doodmaak. Hy wou Jesus dood hê, nog voordat Hy kon praat.Jesus was van die begin af in lewensgevaar. En ons weet dat Hy leweloos aan 'n kruis moes hang, voordat Hy weer in heerlikheid opgestaan het.Maar God weet hoe jy voel wanneer jy in doodsgevaar verkeer. Hy het dit beleef en Hy is nou saam met jou in jou situasie.Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 18, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Matteus 2:13 Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” Wanneer ‘n mens in lewensgevaar verkeer, verloor jy fokus op die gewone dinge rondom jou en skielik word adrenalien vrygestel; en daardie vlug-of-veg reaksie wat in ons DNS vasgelê is, sk...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Lewe is nie Veronderstel om Maklik te Wees Nie (4)

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 18, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!