Die Liefde Vergaan Nooit episode artwork

EPISODE · Mar 12, 2024 · 3 MIN

Die Liefde Vergaan Nooit

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Ons het 'n wonderlike vermoë om te fokus op die dinge wat op die ou end glad nie saak maak nie. En as hulle op die lange duur nie saak maak nie, moet jy jouself afvra: is die dinge dan werklik belangrik? Moet hulle nou regtig vir my saak maak?Een van my vriende se vrou, het op ‘n dag, toe hul kinders al groot was, hom ingelig dat sy hom gaan verlaat. Sy het geen spesifieke rede verskaf nie. Sy wou net 'n nuwe lewe begin.Terwyl hy besig was om sy goedjies in sy huis op te pak en al die besittings wat vir hom kosbaar is, in bokse te pak, was hy moedeloos. Maar sy bejaarde pa het hom wyse raad gegee: "Seun," het hy gesê, "dit is net aardse goed."Het jy al ooit stil gesit om te dink hoe belangrik dinge, wat nie regtig saak maak nie, vir jou geword het? Jy laat toe dat jou loopbaan, jou vermoëns, jou reputasie … en jou besittings … jou fokus word; terwyl jy die Een ding, wat hulle almal sal oorleef, die Een wat Ewig is, afskeep en toelaat om te verwaarloos.1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!Terwyl jy jou pad deur die lewe na jou uiteindelike bestemming loop, smeek ek jou om nie ten koste van die Ewige, op die tydelike te fokus nie; om nie toe te laat dat die Belangrikste deur die onbelangrike verdring word nie; om nie toe te laat dat Liefde deur goed verplaas word nie.Jy weet tog, dat al daardie ander dinge tot 'n einde sal kom. Maar Liefde, die grootste van alle dinge, sal nooit eindig nie. Leef 'n lewe van liefde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 12, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Korintiërs 13:8,13 Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe van profesie sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak. En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde! Ons het 'n wonderlike vermoë om te fokus op die dinge wat op die ou end glad nie saak maak nie. En as hulle op die lange duur nie saak maak nie, moet jy jouself afvra: is die dinge dan wer...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Liefde Vergaan Nooit

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 12, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!