Die Lig van Jou Lewe episode artwork

EPISODE · Mar 3, 2026 · 2 MIN

Die Lig van Jou Lewe

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Lig en donkerte, dag en nag vorm die siklus van ons lewens. Jou tye van wakkerwees en van slaap is 'n siklus wat meer as sewe en twintig duisend keer in ‘n gemiddelde leeftyd herhaal word.Ons ken almal donker tye in die lewe; tye wanneer hoop op die toekoms nie bestaan nie; tye wanneer dit lyk asof die donkerte die lig verslaan het.Vandag, word die Chinese Lanternfees gevier. Dis 'n familiebyeenkoms; ‘n nag van lig en vreugde. Mense hang oral kleurvolle, hoofsaaklik rooi, lanterns met handgeskrewe raaisels in hulle strate en huise op. Hulle laat in die nag die lanterns in die lug vry, om te wys dat die verlede verby is en dat daar hoop op ‘n rooskleurige toekoms voorlê. Wanneer jy ‘n lantern vang, is dit groot pret om die raaisels, te probeer oplos.‘n Mens kry in baie kulture verskillende seremonies, wat 'n gevoel van hoop op die toekoms versterk. Dis interessant dat lig hierdie fees se hooftema is.Die raaisels wat die lanterns bevat, vertel ons ook dat die lewe inderdaad 'n raaisel is. Ons het geen idee wat vir ons voorlê nie. Sal dit lig wees, of sal dit donker wees? So, wanneer duisternis jou lewe oorskadu – of dit nou die boosheid van hierdie wêreld is, of dit nou pyn en lyding, of eensaamheid is, of wat ook al is – waar kom jóú lig vandaan?In sy kort opsomming van die Skepping van die heelal, wys die apostel Johannes dat Jesus nie net die Skepper daarvan is nie, maar dat Hy meer, baie meer is!Johannes 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.Jesus skyn nie net lig in ons lewens nie; Hy is die Lig van die wêreld. Dit maak nie saak watter duisternis jou mag bedreig nie, onthou: Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 3, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 1:5 Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie. Lig en donkerte, dag en nag vorm die siklus van ons lewens. Jou tye van wakkerwees en van slaap is 'n siklus wat meer as sewe en twintig duisend keer in ‘n gemiddelde leeftyd herhaal word. Ons ken almal donker tye in die lewe; tye wanneer hoop op die toekoms nie bestaan nie; tye wanneer dit lyk asof die donkerte die lig verslaan het. Vandag, word die Chinese Lanternfees gevier. Dis 'n f...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Lig van Jou Lewe

0:00 2:56

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 3, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!