Die Logika van Liefde episode artwork

EPISODE · Dec 19, 2024 · 3 MIN

Die Logika van Liefde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV) Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om 'n mens te word, om uiteindelik aan 'n Kruis te sterf, om vir ons sondes te betaal, sodat ons vergewe kan word? Hoekom het Hy ons nie net vergewe en daarmee klaargekry nie? Dit sou tog baie makliker gewees het, nè?En weet jy wat? Vir die eerste paar jaar nadat ek Jesus as my Verlosser aangeneem het, nadat ek een van die sogenaamde “Christene” geword het, het ek steeds nie 'n antwoord op daardie vraag gehad nie. Ek kon nie verstaan waarom God ons nie net kon vergewe het nie. Dit was tog nie nodig om Jesus na die kruis te stuur nie! En hoekom verwag Hy dat ons in Hom moet glo om van ons sonde gered te word?Maar my vriend, weet jy, sonder 'n antwoord op daardie vraag, maak hierdie hele Kersfees-ding eenvoudig nie sin nie. Ek moes – ons moet – die logika wat agter hierdie grootste van alle liefdestransaksies lê, verstaan – Jesus se kruisiging om vir ons sondes te betaal.Romeine 5:9: Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV)En wat van God se toorn? Ons weet mos dat sonde nie ongestraf kan bly nie. En dit word tog beklemtoon deur die regstelsel – ‘n stelsel wat deur mans en vroue, wat na die beeld van God gemaak is, ontwerp is.Dis reg! 'n Daad van onreg vereis straf. Dis maar hoe dit werk. En al ons dade van rebellie teen God verdien tog waarlik sy woede, sy toorn en sy geregtigheid.Maar uit sy groot liefde het Hy ons skuld op sy Seun geplaas, wat betaal het deur sy bloedoffer aan die kruis. Sodat ons ... deur Christus, van God se toorn gered sal word.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 19, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 5:9 Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! (NLV) Daar is iets wat my vir baie jare lank gepla het. En miskien pla dit jou ook terwyl ons aan Kersfees dink. Waarom het God Jesus na ons wêreld gestuur, om 'n mens te word, om uiteindelik aan 'n Kruis te sterf, om vir ons sondes te betaal, sodat ons vergewe kan word? Hoekom het Hy ons nie net vergewe en daarmee klaargekry nie? D...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Logika van Liefde

0:00 3:02

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 19, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!