Die Mag van Woorde episode artwork

EPISODE · Aug 25, 2024 · 3 MIN

Die Mag van Woorde

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailSpreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde. As ons maar net kon besef hoeveel impak ons woorde het ... Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde houers vol krag is - emmervol. Die dinge wat ons vir ander mense sê, kan werklik lewe of dood bring.Ek het onlangs 'n spreker op YouTube gehoor wat oor hierdie einste ding gepraat het. Hy het die storie vertel van sy beste vriend wat altyd sy pa se goedkeuring wou verdien. Maar sy pa was 'n onverbiddelike outokraat wat nooit sy seun aangemoedig het nie.Toe hierdie vriend op universiteit was, het hy deurgaans A's in al sy vakke behaal. Nou sal my pa tog sekerlik sê: “Mooi so seun.” Hy het sy pa opgewonde geskakel om sy goeie nuus mee te deel met die verwagting dat hy nou uiteindelik dié goedkeuring, waarna hy so lank al smag, sal ontvang.Wat was die pa se reaksie? “Ek is besig. Ek sal jou later terugbel.” Hy het dit nooit gedoen nie, en op daardie stadium het die man net finaal moed verloor. Hy het hom tot dwelms en alkohol gewend en nie lank daarna nie, is hy aan 'n dwelmoordosis dood. Die YouTube-spreker se slotsom was: jou mond kan gif spoeg of dit kan 'n gewonde siel genees. Wat sê God deur Salomo in:Spreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde.Wat sê jóú tong? Is jy gereed om die gevolge van jou woorde te aanvaar? Laat ek dit weer sê, woorde het krag – emmersvol krag – die krag om op te bou of die krag om af te breek. As ons maar net elke dag die krag van ons woorde besef! Die krag om seer te maak of om te genees.Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woordeDit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 25, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Spreuke 18:21 Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde. As ons maar net kon besef hoeveel impak ons woorde het ... Ek het eenkeer iemand hoor sê dat woorde houers vol krag is - emmervol. Die dinge wat ons vir ander mense sê, kan werklik lewe of dood bring. Ek het onlangs 'n spreker op YouTube gehoor wat oor hierdie einste ding gepraat het. Hy het die storie vertel van sy beste vriend wat altyd ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Mag van Woorde

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 25, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!