Die Maklike of die Moeilike Pad episode artwork

EPISODE · Feb 7, 2025 · 2 MIN

Die Maklike of die Moeilike Pad

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailEfesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Weet jy, ek vind daar is twee maniere om mense in ons lewens, veral die moeiliker, die meer iesegrimmiges te hanteer. Die moeilike of die maklike manier.Wrywing is 'n fassinerende krag wat ons elke oomblik van elke dag in ons lewe teëkom. Dit is die weerstand tussen twee oppervlaktes wanneer hulle aan mekaar raak en sonder daardie wrywing sal jy nooit ‘n swaar artikel kan optel nie. Jy sal gly as jy probeer loop. Jy sal van jou stoel afval wanneer jy probeer sit.Maar met te veel wrywing sal selfs beweging harde werk word. Ja, dink net aan die pyn wat al daardie gevryf sal veroorsaak en wat van die hitte wat dit sal skep? Dit kan selfs op ‘n punt aan die brand slaan!Dit is wat in soveel verhoudings gebeur wanneer ons self te veel wrywing toepas; wanneer ons keer op keer die moeilike manier, eerder as die maklike manier kies om sake te hanteer.Efesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.Daar het jy dit. Die moeilike manier en die maklike manier. Dink nou mooi aan verhoudings wat geleentheid bied om op te hou om verbitterd, woedend of kwaad te wees. En waar kan jy ophou om te skree en ander seer te maak? En waar kan jy ophou om kwaad te doen; en om die vlak van wrywing wat jy veroorsaak, te verminder?En wanneer ander persone die moeilike manier kies (soos hulle so dikwels doen), hoe kan jy die wrywing verminder deur ongeag hoe húlle optree, vriendelik en liefdevol teenoor hulle te wees, deur hulle te vergewe, net soos God jou in Christus vergewe het?Uiteindelik het jy 'n keuse. Die moeilike manier, of die maklike manier. Kies verstandig.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 7, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Efesiërs 4:31-32 Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Weet jy, ek vind daar is twee maniere om mense in ons lewens, veral die moeiliker, die meer iesegrimmiges te hanteer. Die moeilike of die maklike manier. Wrywing is 'n fassinerende krag wat ons elke oomblik van elke dag in ons lewe ...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Maklike of die Moeilike Pad

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 7, 2025.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!