Die Obsessie om te Beheer episode artwork

EPISODE · Feb 6, 2024 · 2 MIN

Die Obsessie om te Beheer

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Die beste manier om te verseker dat dinge, wat ook al daardie "dinge" is, uitwerk soos jy wil hê dit moet, is om dit self te beheer. Natuurlik is dit die antwoord. Beheer alles. Maar weet jy, dis nie hoe dit werk nie. . .Trouens, die lewe het 'n snaakse manier om dinge oor jou pad te bring, wat jy nooit verwag het nie. Soms is dit klein onverwagte dingetjies wat jy maklik kan hanteer. Ander kere is dit egter groot dinge. Jy het dit al beleef, ek het dit al beleef - en ons almal sal dit weer beleef. Maar ongelukkig reageer ons dikwels nie so goed op hierdie onverwagte dinge nie.Soms word ons smartvrate en onttrek ons onsself. Ander kere wil ons dit met geweld regsien en dit maak dinge net erger.Die apostel Petrus het aan die vervolgde Christene wat ontsettende dinge beleef het, geskryf om hulle te bemoedig en raad te gee oor hoe om ontberings te hanteer. Sommige van hulle is letterlik lewendig verbrand. Dinge kan nie veel erger as dit word nie, nè?1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes.Hoe wil God hê moet ons optree wanneer daar verskriklike dinge met ons gebeur? Dis reg! Hy wil hê ons moet selfbeheers en nugter wees!Aan die eenkant, moet ons nie dikbek rondloop nie; en ons moet beslis nie in selfbejammering verval nie. En aan die anderkant, moet ons nie bakleierig raak en die res van die wêreld vir ons ellende blameer nie. Daar is niks so belangrik as die opdrag dat jy jou naaste moet liefhê asof jou eie lewe daarvan afhang nie; veral wanneer jy in die versoeking kom om verkeerd op te tree.Daag jouself uit om in Christus, met sy krag, die krag van die Heilige Gees, beheersd op te tree wanneer jy nie die dinge wat met jou gebeur, kan beheer nie.Wees selfbeheers en nugter.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Feb 6, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 4:7,8 Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid. Bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek baie sondes. Die beste manier om te verseker dat dinge, wat ook al daardie "dinge" is, uitwerk soos jy wil hê dit moet, is om dit self te beheer. Natuurlik is dit die antwoord. Beheer alles. Maar weet jy, dis nie hoe dit werk nie. . . Trouens, die lewe het 'n snaakse manier om dinge oor jou pad t...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Obsessie om te Beheer

0:00 2:59

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on February 6, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!