Die Onregverdigste Daad Ooit episode artwork

EPISODE · Mar 31, 2026 · 3 MIN

Die Onregverdigste Daad Ooit

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 2: 23-24 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Ons raak so gewoond aan hoe die Paasnaweek jaar in en jaar uit kom en gaan, dat dit so maklik is om gevoelloos te word vir dít wat Christus aan die kruis vir ons gely het. Ons ken mos die storie. Jesus het gesterf. Hy het weer opgestaan. Maar het jy al ooit regtig stilgestaan om die onreg van sy dood te voel?Jesus was onskuldig en Hy is veroordeel. Die skuldige man, Barabbas, is vrygelaat. Dis wat die Romeinse goewerneur, Pontius Pilatus, vir die woedende skare oor Jesus gesê het:Johannes 18:38 “Ek vind geen skuld in hom nie...Ja, kan jy glo: Pilatus het Jesus drie keer onskuldig verklaar! Tog het die Jode steeds uitgeroep: "Kruisig Hom!" So is ‘n misdadiger, Barabbas, bo Jesus gekies. Die Een wat niks verkeerd gedoen het nie, is geslaan, gespot en aan 'n kruis vasgespyker. Die moordenaar is vrygelaat.Jesus het geen weerstand gebied nie.1 Petrus 2:23 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.Jesus het die wreedheid en vernedering dapper aanvaar. Hy het Homself aan die Vader toevertrou en jou sonde en myne in sy liggaam gedra. Hy het, in gehoorsaamheid aan God, aan die kruis gehang om te betaal vir al ons sonde - Hy het nie net 'n ongelooflike onreg en vernedering gely nie; Hy het jóú oordeel, en die gevolge van jou sonde, gewillig namens jou gedra.Dis die onreg van die kruis. Niks anders in die geskiedenis vergelyk daarmee nie - dit was nie net ‘n simboliese daad nie - daar is geen groter onreg nie; geen groter bewys van onverdiende liefde nie. Laat dit insink: Die ergste onreg in die geskiedenis was ook die grootste daad van genade.Hy het jou plek ingeneem - nie omdat jy dit verdien het nie, maar omdat Hy jou in die ewigheid by Hom wil hê. Dis liefde!En dis God se Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 31, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 2: 23-24 Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees. Ons raak so gewoond aan hoe die Paasnaweek jaar in en jaar uit kom en gaan, dat dit so maklik is om gevoelloos te word vir dít wat Chr...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Onregverdigste Daad Ooit

0:00 3:17

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 31, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!