Die Outomaat-god episode artwork

EPISODE · Sep 11, 2026 · 3 MIN

Die Outomaat-god

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailPsalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan?Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman" – die meedoënlose politieke handlanger wat die president se vuilwerk moes doen en teenstanders sonder enige gewetenswroeging moes uitskakel. Hy was ambisieus en het homself as onaantasbaar beskou. Maar toe die Watergate-skandaal die leegheid van sy sukses blootgelê het, het hy voor Christus op sy knieë geval en sy lewe aan Hom oorgegee.In die tronk het hy ’n vreugde ontdek wat hy nog nooit vantevore geken het nie. Hy het ’n bediening dwarsdeur die wêreld begin wat hoop sou bring aan talle gevangenes. Dít wat in skande begin het, het verander in ’n getuienis van God se transformerende genade.Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.Dawid het hierdie psalm geskryf wat wys dat die sukses van goddelose mense vinnig verdwyn, maar dat mense wat op God  vertrou, blywende vrede kry. Dit is nie 'n belofte dat God vir ons alles sal gee wat ons wil hê nie. Dit is eerder 'n uitnodiging om Hom toe te laat om ons begeertes te verander.Wanneer ons regtig ons vreugde in die Here vind – wanneer Hy ons middelpunt en ons geluk is – dan gee Hy nie net wat ons vra nie. Hy verander ons wense en gee vir ons selfs beter uitkomste as wat ons kon dink.So, as jou gebede en behoeftes vandag onbeantwoord voel, is dit miskien omdat God jou hart wil verander, en nie sý plan nie.Fokus eers op Hom … en jy sal agterkom dat dít wat jy die hele tyd wou gehad het, net hier is: dis Jesus self.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Sep 11, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan? Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman"...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Outomaat-god

0:00 3:19

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on September 11, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!