Die Paradoks van Genade episode artwork

EPISODE · Aug 4, 2026 · 2 MIN

Die Paradoks van Genade

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Trots is 'n skelm ding – dit bekruip jou ongemerk. Dis juis gevaarlik wanneer dinge goed gaan; wanneer mense vir jou hande klap, of wanneer jy daardie gevoel kry dat jy uiteindelik jou lewe uitgesorteer het. Maar hier is die ding: trots lieg vir jou. Sonder God se genade kan nie een van ons eers asemhaal nie.Charles Spurgeon het eenkeer gesê: Hoe meer genade ons ontvang, hoe minder sal ons van onsself dink, want genade – net soos lig – wys ons onreinheid. Dis ‘n kolskoot!As jy in ’n donker kamer instap, lyk alles dalk piekfyn. Maar sodra jy die lig aansit, sien jy skielik die stof, die krake en die gemors. Genade werk net so. Dit vlek ons foute oop... maar net sodat ons na dié Een toe kan hardloop wat ons kan skoonwas. Jakobus 4:6 sê: Maar die genade wat hy gee, is nog groter. Daarom sê hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee hy genade.”Mense wat trots is, baklei teen die lig. Hulle bly eerder in die donker en maak asof alles reg is. Maar nederige mense laat toe dat God se genade hulle harte ondersoek. Hulle steek nie hulle swakhede weg nie. En wanneer jy nederig is, veroordeel God jou nie – hy oorlaai jou juis met sy goedheid.Wanneer ons ons eie ego en ons "ek-kan-self"-houding opsy skuif, maak ons plek vir sy genade om oor te neem.So, moenie bang wees vir die Lig nie. Laat sy genade vir jou wys hoe nodig jy Hom het. Want die God wat jou nederig maak, is ook die God wat jou heelmaak... en in Christus gee Hy vir jou baie meer genade as wat jy ooit kan dink of voor kan vra.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 4, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Jakobus 4:6 Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: “God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade.” Trots is 'n skelm ding – dit bekruip jou ongemerk. Dis juis gevaarlik wanneer dinge goed gaan; wanneer mense vir jou hande klap, of wanneer jy daardie gevoel kry dat jy uiteindelik jou lewe uitgesorteer het. Maar hier is die ding: trots lieg vir jou. Sonder God se genade kan nie een van ons eers asemhaal nie. Charles Spurgeon het eenkeer g...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

Ready to play

Die Paradoks van Genade

0:00 2:39

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 4, 2026.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!