Die Perfekte Landing episode artwork

EPISODE · May 20, 2024 · 2 MIN

Die Perfekte Landing

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailOpenbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy bid? Verdwyn hulle net in die niet? Hoe sien God hulle? Watter impak het hulle?Ek vermoed dat baie mense nie eers daaraan dink nie. Hulle gooi hulle gebede op boontoe, met die hoop dat dit iewers land. Het jy al daaroor gewonder? Het jy al ooit gewonder hoe jou gebede in die hemelse ryk lyk?In die wonderlike boek Openbaring, skets God 'n verrassende prentjie van ons gebede:Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.Ons gebede is soos bakke vol wierook voor Jesus. Wat 'n heerlike prentjie; dink net - ons gebede styg op na Hom! Maar wat van hulle impak hier op aarde? Ek is so besiel deur iets wat Lowell Wertz, my goeie vriend en lewenslange sendeling in Afrika, onlangs geskryf het:“Gebedskommunikasie met die Vader word deur Hom verwelkom en dit is 'n vertroosting vir ons. Ons bid omdat ons God nodig het en Hom liefhet. En Hy wil van ons hoor. Ons gebede word in die hemel verhoor. Ek wil julle vertel van 'n intense gebed wat ek as 'n onervare vlieënier te midde van 'n groot storm gebid het, toe ek op 'n smal grond aanloopbaan in Afrika, moes land. Die sig was zero en ek het kliphard gebid en later geskree om bo die geluide van die enjin en die reën gehoor te word. Maar die Heilige Gees het die kajuit gevul en die landing was perfek.”Jou gebed word in die hemel verwelkom en het 'n kragtige impak hier op aarde.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published May 20, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy bid? Verdwyn hulle net in die niet? Hoe sien God hulle? Watter impak het hulle? Ek vermoed dat baie mense nie eers daara...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Perfekte Landing

0:00 2:49

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on May 20, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!