DIE PRYS VAN GLO-STOF deur Retief Scholtz episode artwork

EPISODE · Oct 17, 2019 · 31 MIN

DIE PRYS VAN GLO-STOF deur Retief Scholtz

from Radioteater · host RSG

Hierdie darma bied aan hoërskoolleerders die unieke geleentheid om hulle talente voor die mikrofoon te wys. RSG, ATKV en die Nasionale Toneelspelkompetisie bied met trots 'n tienerstorie aan waarin individualisme, koppigheid, voortvarendheid en dryfkrag lei tot 'n baldadige avontuur. Vier deelnemers aan die Toneelspelkompetisie speel die rolle van drie uiteenlopende kinders en 'n elf wat in 'n bos verdwaal, en dan desperaat na 'n slaapplek soek met die hulp van 'n kaart. Maar hoe gemaak as die spulletjie nie kan ophou met argumenteer nie? Meningsverskille en selfbeeldprobleme staan vierkantig in die pad om hulle doel te bereik. So beland hulle al bakleiende in die vreemde woonplek van 'n ou man met spesiale kragte, so wys soos die geelhoutbome van die Knysna Bos. Met die hulp van atmosferiese byklanke, en die samewerking van die bekende akteur Tobie Cronje, word nuwe jong talent opgelei in die fynere kunsies van radiodrama. Minke Marais is Lila, 'n beterweterige beheervraat wat dink sy is in beheer van die groepie. Sy kry stewige teenkanting van Tim, gespeel deur Matian Barnard, 'n rugbyspeler met 'n vrees vir spinnekoppe. Saam met hulle is CJ (Brandon Eloff), 'n perfeksionis wat altyd by die feite hou, maar wat nie noodwendig rigting kan hou nie. En dan is daar Timmy, gespeel deur Julian Robinson. Hy is 'n vlieënde elf wat die kinders omklits met sy lewensenergie. DIE PRYS VAN GLO-STOF sal jou nie net laat skater van die lag nie, maar ook in wonderwerke laat glo. Die stuk is spesiaal deur Retief Scholtz vir hierdie leerders geskryf.

NOW PLAYING

DIE PRYS VAN GLO-STOF deur Retief Scholtz

0:00 31:21

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of Radioteater?

This episode is 31 minutes long.

When was this Radioteater episode published?

This episode was published on October 17, 2019.

What is this episode about?

Hierdie darma bied aan hoërskoolleerders die unieke geleentheid om hulle talente voor die mikrofoon te wys. RSG, ATKV en die Nasionale Toneelspelkompetisie bied met trots 'n tienerstorie aan waarin individualisme, koppigheid, voortvarendheid en...

Can I download this Radioteater episode?

Yes, you can download this episode by clicking the download button on the episode player, or subscribe to the podcast in your preferred podcast app for automatic downloads.
URL copied to clipboard!