Skip to content
Radioteater podcast artwork

PODCAST · arts

Radioteater

by RSG

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Publisher-supplied feed metadata · PodParley refreshed Oct 23, 2026 · Source feed

Episodes

  1. Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 1)

    Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te…

    more
  2. PIETER SE PA deur Niel Steenkamp

    Herman is in sy skik dat sy dogter met Pieter wil trou. Sy vrou twyfel egter oor Pieter se herkoms. Wanneer sy met foto’s van meisies uit Herman se jong dae te voorskyn kom, moet hy vinnig verduidelik dat al daardie romantiese afsprake op fiasko’s uitgeloop het. Die regisseur is Thomas van…

    more
  3. TUIMELDUIF deur Morné Malan

    'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat weer kop uitsteek en onverwerkte verlies wat hulle dwing om...

  4. JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin

    Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor…

    more
  5. LIESBET deur Leon van Nierop

    Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief te restoureer, en toeriste gereeld na ‘n stasie te vervoer...

  6. DIE POTPLANT deur Karli Heine

    ‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke, soos Ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed:...

  7. AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)

    Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie,...

  8. FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)

    Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die owerhede sy vrou vrylaat. Die spelers is Lourens Cillié…

    more
  9. EEN, TWEE, DRIE, BLOK MYSELF deur Karen Wessels

    Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die jy meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om...

  10. HARTSAKE deur Joe Kleinhans

    In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê. Wanneer ’n akteur, wat ’n dokter in ’n sepie speel, in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid. HARTSAKE is ’n moderne tragedie wat diep delf in die psige van liefde, verlies en...

  11. SLANG IN DIE GRAS deur Chris Madjiet

    Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir…

    more
  12. GROETE VAN TANT MARTJIE deur Paula Hartzenberg

    Martjie en Bruwer Groenewald (Rika Sennett en Anton Dekker) het nie 'n maklike lewe agter die rug nie. Daar is 'n leemte in Martjie se bestaan, wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Sy weet egter dit sal nie maklik wees nie. Haar man doen alles in sy vermoë om die hartseer wat sy nog altyd in…

    more
  13. ‘N ONVERWAGSE KRISMISBOKS deur Christo Davids

    Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man, Henry, haar jare tevore verlaat het. Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George, ’n getroude man, wat druk op haar plaas. Zak word…

    more
  14. BLOED VAN MY deur JJ Roberts

    Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hulle ouers in ’n motorongeluk dood, en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi. Simeon worstel met ’n skuldgevoel omdat hy ná ’n partytjie gearresteer is en sy ouers hom by die...

  15. KALAHARI STERRE deur Adam Willemse

    Drie vriende en hulle jong bestuurder vertrek op ‘n reis na die dorpie Askam. Dit blyk nie net ‘n gewone reis te wees nie, maar ook ‘n ontdekkingsreis, ‘n reis na self, na identiteit en aanvaarding. Boeta, Benji, Lulu en Paul bied ʼn vertoning aan, wat dit waag om die ander sy van menswees uit te...

  16. SUIKERBEK deur Ingrid Penzhorn

    Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees. Aanvanklik is sy baie bang, maar heel gou geniet sy Chris Claassen se geselskap en wat sy saam met hom beleef. Totdat sy...

  17. GEBAKTE PERE deur Karin du Toit

    Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met ’n groter skok begin het nie. Emma daag ná maande se stilswye skielik by die woonstelblok waarin hy sal tuisgaan op met die nuus dat hy die pa van ’n kind is. Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en sê sy het die fopspeen in haar…

    more
  18. DIE HERBERGIER deur Esta Steyn

    Die herbergier van Betlehem wat vir Maria en Josef skuilplek gegee het en saam met sy gesin die geboorte van Jesus meegemaak het, woon in Jerusalem by sy oudste seun toe Jesus 33 jaar later gekruisig word. Hulle word gekonfronteer met die onvermydelike van sy teregstelling, maar ook met konflik…

    more
  19. MEEU-RUS deur Jana Nortier

    Stefan, Dawid de Kock se buite-egtelike kind, erf die familieplaas ná sy afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament, en roep die hulp in van Landi Arendse. Landi het egter ‘n geheim van haar eie. Die spelers is Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet…

    more
  20. 'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers

    Die “wonderwerk” in hierdie drama is gebasseer op 'n werklike gebeurtenis. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, 'n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan…

    more
  21. PENDORING (EDMS) BEPERK deur Ampie van Straten

    Die eksentrieke kopieskrywer, Gert Klopper se passie, Afrikaans, wat hy liefderik as sy “meisie” beskryf, bots met konvensionele taalreëls. Sarie, ’n jong vrou wat by Gert kom werk, is geboei deur sy ongekunstelde, avontuurlike taalgebruik, en sy sjarmante uitlatings oor sy taalliefde én haar...

  22. MISVERSTAND deur Anene Loots

    Elna probeer haar wankelrige huwelik red deur vir haar man, Bert, ‘n verrassingspartytjie te reël om sy 60ste te vier. Bert raak agterdogtig, en kom tot sy eie gevolgtrekkings... Die spelers is Joanie Combrinck, Albert Maritz, Nic de Jager en Ané Fourie. Thomas van Niekerk debuteer as regisseur.

  23. VLUGVOOS deur Ronel Mostert

    Die weduwee Cumi was maar vir enkele maande met André getroud voor sy hom dood op die sitkamervloer aangetref het. Hulle het mekaar in Viëtnam ontmoet waar sy op vakansie was, en is ná ‘n blitsromanse getroud. Skielik is daar verskeie geheime wat nou op die lappe kom, soos dat haar oorlede man ‘n...

  24. VERMIS, OPHELIA deur Maria Vos

    Nella kuier op ’n klein kusdorp om haar ouers te help intrek, maar nadat sy met die uitpakslag ’n klompie glase breek, besluit haar ma sy wat Nella is moet eerder die plaaslike kerkbasaar se reëlings oorneem. Dié eenvoudige guns ontaard in ’n besonder stresvolle geleentheid toe ’n boer met die...

  25. EINDFLUITJIE deur Albert Short

    Waar was jy tydens die 1995 Rugby Wêreldbeker-eindstryd? Onthou jy nog Stransky se skepskop? Regisseur Johan Rademan was saam met Heinrich Marnitz 30 jaar gelede in die kommentaarspan, en al die aksie en drama word verweef in Albert Short se radioteater, EINDFLUITJIE. ‘n Seun wie se droom om…

    more
  26. DESEMBERSTERRE deur Helena Hugo

    Die lewe van bekende sepiesterre prikkel die verbeelding van Jan Alleman. Voorblaaie vertel die stories van hulle lewe agter die kameras. Deesdae neem sterre die storie in hulle eie hande, en deel dit op sosiale media. Dit vertel steeds net geselekteerde en soms gepoetste weergawes van wat die...

  27. DAAR LEEF MENSE DAAR deur Athol Fugard

    Die drama speel af in ‘n vervalle losieshuis in Johannesburg. Millie, die middeljarige eienaar van die losieshuis, wat afgesonder en onvergenoegd voel, probeer tevergeefs die aandag van ‘n lang verlore kennis trek. Sy beraam planne om vir die buitewêreld te wys dat haar lewe en haar huis nog ‘n...

  28. TWEE GRAFGRAWERS EN ‘N MELKHOUT deur Jaco Versveld

    Bruce en Brendan grawe saam grafte. Albei om verskillende redes. Bruce spaar vir ‘n operasie sodat sy siek kind weer kan loop. Brendan dien gemeenskapsdiens uit vir bedrog. Of só sê hy... Wanneer Brendan skielik agterdogtige vrae begin vra oor die begraafplaas en hoe dinge daar werk, begin Bruce...

  29. GENADE, PROFESSOOR! deur Nico Luwes

    Die Rachmaninoff-liefhebbende professor Weiss is peinsend besig met die taak om sy geliefde musiekdepartement te probeer red. Met die soeke na oplossings word dit baie duidelik dat nie alles in sy departement se kluis pluis is nie: kontant-kaartjieverkope by konserte verdwyn spoorloos. Dit word…

    more
  30. ‘N STASIE IN DIE NIET deur Chris Barnard

    Chris Barnard het hierdie radiodrama in 1970 geskryf. ’n Man se huwelik is op die rotse. Hy knoop ‘n verhouding aan met ‘n veel jonger vrou. Dit speel af in ‘n hotel langs die see, met deurlopende terugflitse. Die trein word ingespan as leitmotief en bindende metafoor. Die akteurs in hierdie...

  31. DIE BESOEKER deur Herman Cronjé

    ‘n Dertienjarige meisie is dood in ’n tref-en-trap-ongeluk in die jare 90. Die ongeluk het naby Truida en Karel Conradie se huis plaasgevind. Die twee moet iets van die ongeluk weet, want Karel neem sy eie lewe, en Truida word jare later gediagnoseer met ’n erge geestessiekte. Marko, hulle seun,...

  32. DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal

    Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand. Toe die kaptein, sy vrou Gesina, en twee slawe, Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali, n die laat 1700’s daar aangekom het, was daar...

  33. DIE LAASTE ONTSNAPPING deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard

    Lupin, ʼn gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid-Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn, die antiheld van Sel 6, om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ‘n bendelid en dwelmsmous,...

  34. BROODLYN deur Hein Poole

    As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê. Maar regverdig die doel altyd die middele? As enkelouer het hy altyd sy seuns eerste geplaas, maar dié twee het hulle eie agendas. Hoe gemaak as jou gesag skielik...

  35. HOSPITAALSAAL IN BLOEM deur Albert Maritz

    Die drama speel af in ‘n psigiatriese saal van ‘n hospitaal, waar ‘n klompie dienspligtiges tydens die apartheidsjare hulle bevind. Die jong mans se ervaring van die grensoorlog en die posttraumatiese stres wat dit tot gevolg gehad het, word belig. Sommiges was recces, 32 bataljon geharde…

    more
  36. ROOI PAPAWER deur SD Fourie

    Thea en haar suster Anna se verhouding is problematies. Thea verstaan nie hoekom Anna oorbeskermend teenoor haar optree nie, en sy kom in opstand daarteen. Sy glo Anna het haar te jonk in ‘n huwelik ingedwing. Thea ervaar trauma en sy beland in ‘n senukliniek. Om haar te help herstel, neem Anna...

  37. MY JAPAN deur Schalk Schoombie

    Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak. Sy het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis, Schalk Schoombie, gedeel. Schalk het dit in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk, en toe...

  38. AS KLUISE KON PRAAT deur Marion Erskine

    Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof, wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie - net ‘n paar rooi gesigte...

  39. KEN JY VIR FYTJIE ELAND? deur Eben Cruywagen

    Dit is die jaar 1913. Iewers tussen Griekwastad en Campbell boer Johannes Eland en sy broerse met skaap en bees. Sy vrou, Katrina, is ’n nasaat van die groot Adam Kok I. Hulle sestienjarige dogter, Fytjie, is verlief op Tariq Mentoor, ’n man van minstens tien jaar haar senior, wat vir ’n...

  40. KONNEKSIE deur Marion Erskine

    Verbeel jou jy is in 2050 waar kunsmatige intelligensie tot jou voordeel... of nadeel kan strek. Dawid le Roux is ‘n rekenaarprogrammeerder. Hy is nie te vinde vir te veel geselskap nie, en is tevrede net met Amanda. Hy word egter gekonfronteer met die kunsmatige wêreld wat hy vir homself skep....

  41. LENIESGIF deur Hendie Grobbelaar

    Benjamin de Kai is ʼn uitgebrande en ontnugterde liefdesverhaalskrywer wat probeer om ʼn ernstige roman die lig te laat sien. Sy uitgewer se nuwe assistent, Dania, dwing hom om by Leniesgif, haar afgeleë familiehuis langs die Kaapse Suidkus, te gaan werk sodat hy kan fokus en sy manuskrip voltooi....

  42. LYNE WAT KRUIS deur Wilmi Wheeler

    Janine is 19, vol twyfel en vars in die grootmenswêreld. Haar eerste werk - ’n oproepsentrum vir ’n versekeringsmaatskappy - voel eerder soos ’n daaglikse toets wat sy net nie kan slaag nie. Twee maande in en sy het nog nie ’n enkele polis verkoop nie. Lindsay, ’n meer ervare kollega, gooi vir…

    more
  43. DIE VRYWORDING VAN EGBERTUS LODEWIKUS APPEL deur Manie Groenewald

    Dit is Stella se 64e verjaardag in ‘n aftreeoord. In ‘n toestand van neerslagtigheid het sy niemand vir die geleentheid genooi nie, en wil ook nie vir enige besoeker regstaan nie. Haar buurman daag op en slaag daarin om haar uit haar depressie te kry. Maar dan daag ‘n tweede gas op, wat al die...

  44. DIE VERSAMELDE DAGBOEKE VAN ENE PROFESSOR WEIDEMANN deur Shawn Day

    Shawn Day is die wenner van die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, in die Jong Skrywer-kategorie. ‘n Joernalis ondersoek die verdwyning van ‘n professor in kriptosoölogie nadat sy dagboeke deur sy vrou gepubliseer is. Daar is ‘n magdom vrae wat die joernalis nie kan...

  45. KYSBRIEWE deur A.R. Gurney

    Andrew en Melissa skryf vir sowat ses dekades lank vir mekaar briewe. Dit is ‘n wipplank- en uitdagende verhouding, wat veroorsaak dat hulle al hoe verder van mekaar wegdryf. Maar op papier blom die liefde steeds. Met Johann Nel, Juanita Swanepoel en Ronel Geldenhuys. Die regisseur is Eben...

  46. DIE STER VAN BETHLEHEM deur Ludwig Emil Gryffenberg

    Die drama speel af tydens die regering van die Romeinse Keiser Augustus, waartydens die Joodse volk, Israel, deel was van die Romeinse Ryk. Dit word vertel uit die oogpunt van 'n jong gestremde skaapwagter, wat in die buitewyke van Bethlehem skape oppas, terwyl sy vader snags die nagwake uitroep....

  47. DIE ONGEBAKTE ALASKA deur Johanna Steyn

    Estelle en Hennie berei voor vir ‘n Kersmaal in hulle piepklein woonstelletjie. Haar ma en dié se vriend is genooi om die Kerstyd by hulle te kom deurbring. Sy wil graag haar ma beïndruk, maar dinge werk nie heeltemal uit soos wat Estelle dit beplan het nie. Die spelers is Hannah Borthwick, André...

  48. MAMMIE SE VOORHUIS deur Erin Patience

    Wanneer Mammie se deur vir almal oop staan, kan dit nogal bietjie erg raak vir Tamia. Dit voel of Mammie al haar aandag aan die bure skenk, en nie op haar fokus nie. Dit veroorsaak dat Tamia die goeie nuus wat sy ontvang het, van haar ma en haar pa weerhou. Maar, ook net omdat haar ma haar…

    more
  49. WYSIE OOR DIE WATER deur Albert Short

    Wysie oor die water is opgeneem en vervaardig deur siggestremdes in die ateljee van Innovation for the Blind op Worcester. Dis ‘n stormagtige nag op ‘n skip. ‘n Meisie bevind haar op die skeepsdek, alhoewel sy weet dat die veiligste plek eintlik haar kajuit sou wees. Nogtans bly sy, en ontmoet sy...

  50. GRENSGEVAL deur Rita Swanepoel

    Wanneer Janet en Arno gaan kamp, word hy oorweldig deur herinneringe aan sy tyd op die grens tydens sy dienspligjare. Die spelers is Roeline Daneel, Eben Genis, Waldemar Schultz, Wessel Pretorius en Susanne Beyers. Die regisseur is Joanie Combrink.

Type above to search every episode's transcript for a word or phrase. Matches are scoped to this podcast.

Searching…

We're indexing this podcast's transcripts for the first time — this can take a minute or two. We'll show results as soon as they're ready.

No matches for "" in this podcast's transcripts.

Showing of matches

No topics indexed yet for this podcast.

Loading reviews...

ABOUT THIS SHOW

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

HOSTED BY

RSG

CATEGORIES

Frequently Asked Questions

How many episodes does Radioteater have?

Radioteater currently has 392 episodes available on PodParley. New episodes are automatically indexed when they're published to the podcast feed.

What is Radioteater about?

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

How often does Radioteater release new episodes?

Radioteater publishes regularly with 392 episodes available. Check the episode list for the typical release schedule.

Where can I listen to Radioteater?

You can listen to Radioteater on PodParley by clicking any episode. We provide an embedded audio player for direct listening, and you can also subscribe via your preferred podcast app using the RSS feed.

Who hosts Radioteater?

Radioteater is created and hosted by RSG.
URL copied to clipboard!