Die Prys van ‘n Vars Begin episode artwork

EPISODE · Dec 9, 2023 · 2 MIN

Die Prys van ‘n Vars Begin

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan Mail1 Petrus 1:18,19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Wanneer ons nadink aan die opofferings wat ander mense gemaak het om ons te kry waar ons vandag is, slaan dit ons asem weg, nie waar nie? Dit is omdat dankbaarheid 'n ongelooflike sterk dryfveer is.Ek is ontsettend dankbaar wanneer ek dink aan wat my ouers opgeoffer het om my die lewe en hierdie opvoeding te gee, wat hulle my gegee het. Hulle het sonder dat hulle die taal of die kultuur geken het, ná die Tweede Wêreldoorlog uit ‘n verwoeste Europa na Australië geëmigreer. Ek is totaal verbysterd wanneer ek dink aan hoe hulle, om my onthalwe, alles prysgegee het om ‘n nuwe lewe te begin.Ek dink ook met dankbaarheid aan die vriende wat my in moeilike tye bygestaan het; of my vrou, wat my deur my lewe en al die op- en afdraandes van die bediening, ondersteun. Dit slaan my dronk dat mense bereid was om dit vir my te doen en nog steeds doen!Wat van jou? Wie is daardie mense in jou lewe? Hoe laat dit jou voel as jy aan hulle opofferings dink? Dit is terselfdertyd diep vernederend en heeltemal ontsagwekkend, nie waar nie? Maar daar is Een wie se opoffering absoluut lewensveranderend is:1 Petrus 1:18,19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.Wanneer jy nadink oor wat dit vir Jesus gekos het om jou te red, wat Hy gely het … verander dit totaal die manier waarop jy dinge sien; hoe jy voel en hoe jy leef. Dankbaarheid is so belangrik. Laat dit toe om jou te verander, want …Jy is losgekoop met die kosbare bloed van Christus,.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 9, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail 1 Petrus 1:18,19 Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Wanneer ons nadink aan die opofferings wat ander mense gemaak het om ons te kry waar ons vandag is, slaan dit ons asem weg, nie waar nie? Dit is omdat dankbaarheid 'n ongelooflike sterk dryfveer is. Ek is ontse...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Prys van ‘n Vars Begin

0:00 2:45

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 9, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!