Die Put Wat Nooit Opdroog Nie episode artwork

EPISODE · Jan 10, 2026 · 3 MIN

Die Put Wat Nooit Opdroog Nie

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailJohannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Het jy al ooit ‘n tyd van emosionele en geestelike droogte ervaar? Dis nie aangenaam nie – jy wil dit graag vermy en vertrou dat dit nooit weer sal gebeur nie. Maar dit is nie terminaal nie; jy sal jy dit oorleef, mits daardie tyd natuurlik nie vir te lank aanhou nie. Weet jy, die proses waardeur ‘n liggaam gaan wanneer dit nie genoeg vloeistof kry nie, illustreer die proses baie duidelik. Jy is dors, jy smag na iets om te drink, maar indien dit nie vir te lank aanhou nie, sal jy oukei wees. Maar wat sal gebeur as dit wél lank aanhou? Wat dan?Kom ons kyk hoe werk dit: Jou mond word droog, jou lippe kraak, en binnekort neem jou bloed se volume (wat meestal water is) af. Die volgende stap is dat jou bloed verdik; jou sirkulasie verstadig, en dan plaas dit ‘n groter las op jou hart.Binnekort neem die breinfunksie af, die nierfunksie versleg en jou liggaam oorverhit ... en so gaan dit aan totdat orgaanversaking intree en dan is die skrif aan die muur; en dít alles weens 'n gebrek aan vloeistof!Jesus het 'n Samaritaanse vrou by 'n put ontmoet en water as 'n geestelike metafoor gebruik. Hy sê die volgende vir haar:Johannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”Jesus wys hier dat wanneer ons na Hom toe kom; wanneer ons in 'n ryk, dinamiese verhouding met Hom tree, ons nooit weer emosioneel of geestelik dors of droog hoef te wees nie. Die water wat Jesus gee, sy Heilige Gees, is lewende water, borrelende water, water wat die ewige lewe bring. Gaan na Hom toe om jou te vul met sy geestelike water.Dis God se Woord. Vars … vir jou … vandag. Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Jan 10, 2026

Embed this episode

Send us Fan Mail Johannes 4:13,14 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” Het jy al ooit ‘n tyd van emosionele en geestelike droogte ervaar? Dis nie aangenaam nie – jy wil dit graag vermy en vertrou dat dit nooit weer sal gebeur nie. Ma...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Put Wat Nooit Opdroog Nie

0:00 3:05

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on January 10, 2026.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!