Die Regte Tyd Sal Aanbreek episode artwork

EPISODE · Nov 26, 2025 · 3 MIN

Die Regte Tyd Sal Aanbreek

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailHabakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Daar is tye in ons lewens wanneer iets werklik belangriks aan ‘n draadjie hang – 'n kritieke gesondheidsprobleem, 'n huwelik, 'n finansiële krisis, wat dit ook al mag wees. En dit is in daardie tye wat die meeste mense sal bid. Dit is in daardie tye dat mense na God sal uitroep.Ek het 'n goeie vriend wat met 'n slim, suksesvolle vrou getroud is. Trouens, hulle het albei soveel in hul lewens bereik ... en hulle is steeds baie gelukkig en suksesvol. Toe hulle jonk was, wou hulle baie graag kinders hê, maar sy kon nie swanger raak nie. Hulle het gebid en gebid en gebid ... en tog het dit gelyk of God hulle óf nie hoor nie, óf nie omgee nie.Al die jare het hulle kinderloos gebly maar hulle het tot 'n diep en nederige aanvaarding gekom, dat om kinders hê – om watter rede ookal – eenvoudig nie deel van God se plan vir hul lewens was nie.God het vir sy volk, Israel, in 'n ongelooflik moeilike tyd in hul geskiedenis, gesê:Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.Hier is die wrede waarheid van die saak: God verhoor nie altyd ons gebede op die manier waarop ons gehoop het nie, en beslis nie altyd op die tydstip wanneer ons daarvoor gevra het nie. Soms gebeur slegte dinge met goeie mense. Sy planne is nie altyd ons planne nie. Ons kan nou van een saak seker wees: God gebruik elke ding wat in ons lewens gebeur om sy doel te bereik. Vir ons wat vir God liefhet, werk alles tot ons beswil uit. Dit geld natuurlik vir almal wat Hy volgens sy ewige plan gekies het om in Hom te glo. (Rom. 8:28 DB)Wat jy ook al nou deurmaak, daar sal 'n tyd kom wanneer jou trane sal val, nie as gevolg van jou probleme nie, maar omdat God jou gebede verhoor het op 'n manier wat net Hy kon. Daardie tyd sal kom; dit sal nie te laat wees nie.Dis Sy Woord. Vars ... vir jou ... vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Nov 26, 2025

Embed this episode

Send us Fan Mail Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. Daar is tye in ons lewens wanneer iets werklik belangriks aan ‘n draadjie hang – 'n kritieke gesondheidsprobleem, 'n huwelik, 'n finansiële krisis, wat dit ook al mag wees. En dit is in daardie tye wat die meeste mense sal bid. Dit is in daardie tye dat mense na God sal uitroep. Ek h...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Regte Tyd Sal Aanbreek

0:00 3:10

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on November 26, 2025.

Is there a transcript available for this episode?

Yes, a full transcript is available for this episode. You can read the complete transcript on the episode page.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!