Die resep Vir Vrede (1) episode artwork

EPISODE · Aug 14, 2024 · 2 MIN

Die resep Vir Vrede (1)

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailKolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is menseverhoudings. Verhoudings met daardie moeilike mense. Konflik, 'n skerp woord, of selfs 'n skewe kyk, kan jou vrede in 'n oogwink soos mis voor die son laat verdwyn.Jy weet mos hoe dit gaan. Jy klim met ‘n lied in jou hart en met die regte voet uit die bed uit; jy het die beste voornemens om 'n goeie dag te hê en om in die vrede en die vreugde van die Here te lewe... Maar die eerste e-pos wat jy lees; die eerste persoon met wie jy praat … kolskoot! Net daar waai jou voornemens by die voordeur uit.Hoe durf hulle? Ek verdien respek. Ek sal hulle wys!So, hoe gaan jy te werk om jou pad in die vrede wat God vir jou dag beplan het, te leef? Sy vrede is een van sy groot geskenke aan sy kinders.Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.Ek is geregtig op beter behandeling en respek! Dis ons reaksie op daardie moeilike mense wat ons van ons vrede beroof. Maar wat sal gebeur as ons ’n ander gesindheid teenoor daardie mense, wat ons van ons vrede beroof, openbaar?Betoon genade aan ander, wees meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam.Hoeveel genade het God aan jou bewys? En hoeveel keer het Hy jou al vergewe?As jy voel mense het jou kwaad aangedoen, vergewe hulle. Vergewe ander mense, want die Here het jou vergewe.Betoon genade, vergewe en wees vriendelik, nederig en sagmoedig, … en leef in vrede.Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Aug 14, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Kolossense 3:12,13 Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees. Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Soveel dinge in die lewe kan jou van jou vrede beroof. Maar bo-aan die lys is menseverhoudings. Verhoudings met daardie moeilike mense. Konflik, 'n skerp woord, of selfs '...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die resep Vir Vrede (1)

0:00 2:53

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on August 14, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!