Die Rykdom van God episode artwork

EPISODE · Dec 17, 2023 · 3 MIN

Die Rykdom van God

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailRomeine 11:32, 33 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! Daar is iets wonderliks wat met jou gebeur wanneer die heerlikheid van God jou hart vul. Wanneer jy in die lig van sy liefde gekoester word, is daar iets kragtig en lewensveranderend wat met jou gebeur. Al te dikwels vind ons hoe ons koponderstebo hard teen die opdraande pad uittrap, terwyl ons besig is om ons pligte na te kom... dikwels onder druk, dikwels onder dwang en soms net om kop bo water te hou. En dit is die petribakkie waarin ons sonde soos 'n gevaarlike virus vermeerder en vermeerder en gereed maak om ons van alle lewe te beroof.Gister het ons gesien dat God se liefde so groot is...… sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. (Romeine 11:32)Hy het dinge doelbewus so beplan sodat ons nie in staat sou wees om in ons eie krag 'n sondelose lewe te lei nie. Hy het ons almal doelbewus tot ongehoorsaamheid oorgegee sodat ons die omvang van sy liefde kan ervaar deur Jesus wat gesterf het om vir ons sonde te betaal, om sy genade aan ons te bewys. Stop. Laat dit insink. Tel net jou kop vir 'n oomblik op om na hemelse dinge te kyk. Laat God toe om jou hart met sy heerlikheid te vul soos jy in sy liefde gekoester word.Romeine 11:33 O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!My vriend, God begeer dat jy Hom waarlik sal ken en dat jy die diepte van sy rykdom en sy wysheid sal ontdek. Dis hoekom Jesus gekom het. Hy het vir jou gekom. Dit is waaroor Kersfees regtig gaan.Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë!Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Dec 17, 2023

Embed this episode

Send us Fan Mail Romeine 11:32, 33 God het almal aan die ongehoorsaamheid oorgegee, sodat Hy Hom oor almal kan ontferm. O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! Daar is iets wonderliks wat met jou gebeur wanneer die heerlikheid van God jou hart vul. Wanneer jy in die lig van sy liefde gekoester word, is daar iets kragtig en lewensveranderend wat met jou gebeur. Al te dikwels vind ons hoe ons koponderstebo ha...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Rykdom van God

0:00 3:01

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 3 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on December 17, 2023.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!