Die Rykdom van sy Heerlikheid episode artwork

EPISODE · Mar 16, 2024 · 2 MIN

Die Rykdom van sy Heerlikheid

from God se Woord VARS vir jou Vandag · host Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

Send us Fan MailFilippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) In 'n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om 'n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid. Waar ek woon, beskou die meeste mense 'n warm stort as 'n fundamentele mensereg. Hoe kan jy die dag daarsonder begin? Dit was beslis my siening, totdat ek die eerste keer ware armoede teëgekom het in 'n dorpie genaamd Halia in Indië. En toe weer, in 'n melaatse kolonie in Tanzanië, toe ek koekies seep in die misvormde hande van mense wat vingers verloor het, geplaas het.  Daardie ervarings is geneig om jou onderskeiding tussen behoeftes en begeertes te verskerp. Maar in die afwesigheid van daardie soort duidelikheid, wonder ek of ons al te dikwels na God gaan en Hom smeek om in basiese behoeftes te voorsien, wanneer ons in werklikheid oor ons begeertes praat. Die apostel Paulus het baie goed verstaan wat die onderskeid tussen sy behoeftes en begeertes was. Hy skryf hierdie woorde, uit sy dodesel: Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) God voorsien in die behoeftes van sy mense. Ja, Paulus was in boeie. Hy is uiteindelik tereggestel. Hy is nou vir alle ewigheid in God se Teenwoordigheid. Ons kan onsself soms in ons eie tronk bevind, en op daardie plek sal ons God ons elke behoefte ten volle bevredig. Nie op 'n suinige manier nie, maar uit sy heerlike rykdom in Christus. Dis wie Hy is. Maar laat ons nie vir een oomblik ons behoeftes met ons begeertes verwar nie. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.Support the showEnjoying The Content?For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!DONATE R50 MONTHLY

Episode metadata supplied by the publisher feed · Published Mar 16, 2024

Embed this episode

Send us Fan Mail Filippense 4:19 Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het. (NLV) In 'n wêreld wat al hoe meer welvarend word, word dit vir ons moeiliker en moeiliker om 'n grens tussen ons behoeftes en ons begeertes te trek. Ja, en ons raak so maklik deurmekaar met die twee wanneer ons bid. Waar ek woon, beskou die meeste mense 'n warm stort as 'n fundamentele mensereg. Hoe kan jy die dag daarsonder...

Distinct summary based on available episode metadata or transcript content.

NOW PLAYING

Die Rykdom van sy Heerlikheid

0:00 2:55

No transcript for this episode yet

We transcribe on demand. Request one and we'll notify you when it's ready — usually under 10 minutes.

No similar episodes found.

No similar podcasts found.

Frequently Asked Questions

How long is this episode of God se Woord VARS vir jou Vandag?

This episode is 2 minutes long.

When was this God se Woord VARS vir jou Vandag episode published?

This episode was published on March 16, 2024.

Can I download this God se Woord VARS vir jou Vandag episode?

Yes. Use the download control on the episode player to save the publisher-provided media file.
URL copied to clipboard!